Leerlingraad 2022 Hoofleiers: van Links na regs: Robyn Koetaan (onderhoofmeisie), Chloe Stannard (Hoofmeisie) Ruan Deysel (Hoofseun) en GP Borcherds (Onderhoofseun)

Huis Komitee
Huis Cronje se Huis Komitee – Hoof en onderhoofleiers Inke van der Merwe (onderhoofdogter), Elize de Jager (Hoofdogter) Lliam van Heerden (Hoofseun) en Casper Erasmus (onderhoofseun)

NAGAFLOS & STEAK-AAND
In aanloop tot ons Eeufeesvieringe in 2022 bied die Volkskool Eeufeeskomitee met trots ‘n NAGAFLOS EN STEAK-AAND aan.Inskrywingsfooie is vir spanne van 2 tot 5 deelnemers en die volgende kategorieë is beskikbaar; Gr 1 – 6 | 2km – R100 Ope | 5km – R250 Ope | 10km – R400 REGISTRASIE begin om 17:00 en die aflos skop af om 18:00 Die Steak-aand kaartjies is apart beskikbaar teen R150 per volwassene en R50 per kind onder 12. Volwassenes kry ‘n 250g steak met bykosse terwyl kinders onder 12 ‘n lekker steak-rol kan verwag. INSKRYWINGS EN KAARTJIES AANLYN BESKIKBAAR Om te verseker...


Koshuisafskeid
Huis Cronjé het op Donderdag 14 Oktober 2021 hulle koshuisafskeid, met die tema “Midnight in Paris” gehou. Tydens hierdie geleentheid is die koshuiskomitee vir 2022 aangewys.VLNR: Elize de Jager (hoofdogter), Inke van der Merwe (onderhoofdogter), Marli van der Merwe, Annelie Viljoen en Melandri LombardLliam van Heerden (hoofseun) , Casper Erasmus (onderhoofseun), Marco Jooste, Marshall Kombela en Albrecht de Jager Baie geluk aan almal wat verkies is en sterkte met julle werksaamhede vir 2022.

Matriekafskeid
Wie sou ooit kon dink dat die binnehof by Hoër Volkskool in ‘n sprokiewêreld verander kon word. Op 30 September 2021 was ‘n matriekafskeid vir die matriekklas aangebied. Klasmaats het in spoggerige en selfs bekende voertuie by die geleentheid opgedaag. Almal het mooi gelyk en die eregaste het op die rooi tapyt na die binnehof gestap.Baie dankie aan almal wat hierdie pragtige geleentheid vir ons matriekklas moontlik gemaak het.

A tot 10
Leerlinge van Hoër Volkskool wat van graad 1 tot graad 12 saam in Volkskool was. Trotse oomblik! Dis ‘n einde van ‘n era, maar weer die begin van ‘n nuwe avontuur.

Hokkie
Die Karoo Hokkie Klub, onder leiding van Ina Botha, bied hierdie naweek ‘n hokkiefees by UHS se hokkieveld aan. Sterkte aan HVS se hokkiespelers wat die hokkiefees bywoon.

Leerlingraad vir Eeufeesjaar 2022
Volkskool vier in 2022 sy Eeufees. Die HVS leerlingraad wat verkies is vir hierdie besonderse jaar, is as volg: GRAAD 8 Dogters: Elizke Gouws Saré Viljoen Seuns: Cole Strydom Layton Meshilinie GRAAD 9 Dogters: Jani van der Merwe Zanri Groenewald Seuns: Juan Stannard Xander Keyser GRAAD 10 Dogters: Elaine van Rensburg Melandré Kombani Zenke Enslin Seuns: Albreht de Jager Ceano Fourie Victor Dercksen GRAAD 11 Dogters: Chloe Stannard Elize de Jager Robyn Koetaan Tanya Nieuwoudt Veronique de Pearce Seuns: Casper Erasmus GP Borcherds Lliam van Heerden Marco Jooste Ruan Deysel Die hoofleiers word in die vierde kwartaal tydens die prysuitdeling...

NUWE Facebook en Instagram blaaie
Hoër Volkskool Graaff-Reinet het nuwe Facebook en Instagram blaaie. Maak seker jy VOLG en DEEL die nuwe blad om op hoogte te bly van die nuutste VOLKSIE nuus!
