Tennis

Tennis

Tydens ‘n provinsiale kragmeting tussen die OP en WP die afgelope naweek, het HVS se tennisspeler, Petrie van der Merwe, baie goed presteer. Hy het veertien wedstryde gespeel waarvan hy elf gewen het. Hy het net een stel enkels en twee dubbels nie gewen nie. Die toernooi se wenners was die Boland Kavaliers, gevolg deur die span van die Oostelike Provinsie. Three Anchor Bay TSA Sentrum was derde.

Boogskiet

Boogskiet

Leerders van HVS en LVS het verlede naweek aan die interprovinsiale boogskietkompetisie in twee afdelings deelgeneem, naamlik Laerskole en Hoërskole en afrigters Beyers en Carol Cronje het aan die Alumni-afdeling deelgeneem. Die beste skuts van HVS is Annelie Pieterse met ‘n telling van 285/300 en Lieben Bekker met 281/300. Altesaam 345 skuts het deelgeneem en Annelie Pieterse, Lieben Bekker, Cole Strydom, Freddie van der Mescht en Samuel Pieterse is onder die eerste 100. Carol Cronjé en Beyers Cronjé het ook baie goed gevaar en is onderskeidelik elfde en agtiende in die Alumni-afdeling.Volkskool het negende in die Interskole-kompetisie geëindig. BAIE GELUK...

Gladiators besoek HVS

Gladiators besoek HVS

Die Gladiators het gister weer ons skool besoek en met die graad 11 en graad 9-leerders kom gesels. Die aanbieders het vertel dat hulle self geboelie is op skool en wat hulle daaromtrent gedoen het. Hulle het ook vir ons leerders waardevolle inligting gegee, hoe om die situasie te hanteer as jy geboelie word.Ons bedank die ATKV Spandaukop, wat hierdie geleentheid vir ons moontlik gemaak het.

Boogskiet

Boogskiet

OOS-KAAP A-SPAN Annelie Pieterse Freddie van der Mescht Lieben Bekker John Read HVS- en LVS-leerders het na afloop van die Oos-Kaap Boogskietkampioenskappe vir deelname aan die Nasionale Interskole boogskietkompetisie gekwalifiseer. Beide afrigters, Beyers en Carol Cronje is ook lid van die span wat gaan deelneem. OOS-KAAP B-SPAN Megan Hendrikse Zulaine Mostert Lisa Bekker Casper Bekker Adriaan Blignaut Cole Strydom Steffanie Scholtz Samuel Pieterse Rikus Kleyn OOS-KAAP JUNIOR SPAN Wian Lotter OOS-KAAP ALUMNI-SPAN Carol Cronje Beyers Cronje Geluk aan elke spanlid wat provinsiale kleure verwerf het en baie sterkte met julle voorbereiding vir die kompetisie. VLNR: Annelie Pieterse, Freddie van der...

Akademies Top 10

Akademies Top 10

HVS gee elke kwartaal erkenning aan die toppresteerders in elke graad. Die tweede kwartaal se presteerders is as volg: Graad 12: Petroné Fourie Astrid Langeveldt Stefan Neethling Jean Louis du Plessis Zanki Botha Mia du Plessis Athena Finck Logan Ludick Alwyn van der Merwe Isobelle Terblanche Graad 11: Annelie Pieterse Chloé Stannard Jeffson Arends Lieben Bekker Denovan Hoffman Inké van der Merwe Haley Read Marlien Crewe-Brown Marli van der Merwe Tanya Nieuwoudt Graad 10: Zenke Enslin Sophia Louw Jana Neethling Carli Kritzinger Megan Hendrikse Cara Jansen Chequin Koopman Elaine van Rensburg Melandré Kombani Hallie-Jade Hoffman Graad 9: Xander Keyser Adriaan...

ATKV Redenaars

ATKV Redenaars

HVS se leerders het aan ‘n redenaarskompetisie in die Oos-Kaap deelgeneem. Die deelname was aanlyn gedoen. Annelie Pieterse, graad 11, was vyfde in die senior afdeling en Adriaan Blignaut, graad 9, was sewende in die junior afdeling. Baie geluk, met julle goeie prestasies behaal.

Tennis

Tennis

Petrie van der Merwe is vir die Oostelike Provinsie 0.19-tennisspan gekies en sal die OP verteenwoordig tydens ‘n provinsiale tennistoernooi te Kaapstad wat vanaf 23 tot 27 September 2021 aangebied word.

Hengelnuus

Hengelnuus

Nico Coetzee is vir die Junior Oos-Kaap Vars- en Oewerhengelspan gekies. Om te kwalifiseer moes Nico in 2020 en 2021 aan ses OP-Liga hengelkompetisies deelneem. Die spanne gaan aan ‘n interprovinsiale hengelkompetisie vanaf 16 tot 19 Desember 2021 te Bloemhof deelneem.

Huldeblyk – Wikus Pretorius

Huldeblyk – Wikus Pretorius

Wikus Pretorius het op 1 Augustus 2015 by Hoër Volkskool as personeellid aangesluit en was ‘n waardevolle lid van ons skoolgemeenskap. Hy het oral gehelp waar hy kon en niks was ooit te veel moeite nie. Hy was ‘n kollega en vriend op wie se knoppie jy tydig en ontydig kon druk en hy sou altyd help. Hy was baie betrokke by die sport en het die afgelope paar jaar die o.15 rugbyspan en krieketspan afgerig. Vanjaar was hy ook betrokke by die afrigting van die o.14 rugbyspan en by atletiek het hy diskus afgerig.Hy het Toerisme vir graad 10...