HVS RUGBYSPELER IN SA o.18 RUGBYSPAN

HVS RUGBYSPELER IN SA o.18 RUGBYSPAN

Die Suid-Afrikaanse o.18 Rugbyspan wat in Augustus 2021 na Georgia toer en te Tbilisi aan drie wedstryde gaan deelneem is aangekondig. Baie geluk aan Jan-Hendrik Gouws, leerder van Hoër Volkskool Graaff-Reinet, wat ingesluit is as lid van hierdie span. Jan Hendrik se rugbyloopbaan by Volkskool sluit die volgende prestasies in:2015: o.12 OP A-span2016: o.13 Cravenweek2018: o.15 Rhino Week2019: o.16 Grand Khomo o.16 SA EPD-groepDie spanlede vertrek Saterdag vanaf Johannesburg na Georgia en sal op 15 Augustus na Suid-Afrika terugkeer.

Wêreldkennis-Olimpiade

Wêreldkennis-Olimpiade

Leerders van Hoër Volkskool het onlangs aan die Jakes Gerwel Stigting Wêreldkennis Olimpiade deelgeneem. Su-marie Burger, Ethan Maclean, Athena Finck en Remé Vorster het almal ‘n sertifikaat vir hulle deelname ontvang.Freddie van der Mescht het deurgedring na die tweede rondte van die Olimpiade. Baie sterkte Freddie. Ons hou styf duimvas!

Beheerraad

Beheerraad

Daan Potgieter het die naweek saam met lede van HVS en LVS se beheerraad by Volkskool kom kuier. Saam het hulle strategiese beplanning gedoen tot voordeel van Volkskool se toekoms. Dit sluit Weppie Preppie, LVS en HVS in. Dankie aan almal wat die naweek bygewoon het en Volkskool se belange op die hart dra.#trotsvolkskool

Boogskiet

Boogskiet

Leerders van HVS en LVS neem tans aan virtuele kompetisies deel. Daar is vyf Oos-Kaap kompetisies waaraan hulle voor 31 Julie moet deelneem om te kwalifiseer. Eben Lötter is in LVS en skiet uitstekend vir ‘n beginnerskud. Die hoogste punt is 50/50 en Eben, Annelie Pieterse, Freddie van der Mescht en John Read het dit tydens kompetisies behaal. Aangesien die leerders aan virtuele kompetisies deelneem, word hulle uitslae ingestuur en is dus nie dadelik beskikbaar nie. Uitslae sal dit bekend gemaak word sodra ons dit ontvang. Covid 19 protokol word streng tydens oefeningtye en kompetisies gevolg.

Top 10 Akademies

Top 10 Akademies

HVS het verlede Maandag tydens ‘n buitelug saalbyeenkoms die Top 10 Akademiese kandidate vir 2021 – Kwartaal 1 aangekondig. Graad 9 Xander Keyser Juan Stannard Freddie van der Mescht Adriaan Blignaut Jani van der Merwe Mark Blom Jan-Theo van Tonder Carel Erasmus Chenique Koopman Temzynee Juries Graad 8 Saré Viljoen Micke Terblanche Layton Meshilinie Iva Hendrikse Joshua du Toit Janine Coetzer Luasanne van Heerden Rikus Kleyn Jessica Pretorius Nicolene Bezuidenhout Micayla Williamson

Hoofleiers vir 2021

Hoofleiers vir 2021

Die hoofleiers is verkies vir die jaar 2021. Die hoofseun en hoofdogter vir 2021 is Jean-Louis du Plessis en Mia du Plessis. Die tweeling was ook 2016 die hoofleiers van Laer Volkskool. Die onderhoofseun is Alwyn van der Merwe en die onderhoofdogter is Astrid Langeveldt. Ons hoop dat 2021 ‘n beter jaar sal wees vir hierdie leiers. Baie geluk en baie voorspoed met jul termyn.  

ATKV – DigiKuns

ATKV – DigiKuns

Te midde van die Covid-19-pandemie, besef die ATKV opnuut dat die volhoubare ontwikkeling van kuns en kultuur kernbelangrik is vir ’n gesonde samelewing. Navorsing het herhaaldelik bewys dat kreatiwiteit positiwiteit ’n hupstoot gee. Iets waarvan ons almal – oud en jonk – nou ’n groot dosis nodig het. DigiKuns is ’n opwindende, nuwe digitale kunsplatform wat ’n unieke, kreatiewe uitdaging aan laer-, hoërskoolleerders, studente, volwassenes en senior burgers binne en buite Suid-Afrika se landsgrense stel. Lees gerus hier meer, of spring direk na die deelnemersgids deur hierdie skakel te volg, en wanneer jy gereed is om in te skryf, kliek...