Hokkie

Hokkie

Na die eerste rondte hokkie proewe, het 10 van Hoër Volkskool se hokkiespelers deurgedring na die volgende rondte. Die spelers is: Agter: Mia du Plessis (0.19), Danè Thiart (0.19), Logan Ludick (0.19), Marli van der Merwe (0.16), Robin Koetaan (0.16) Voor: Kieran Bruinders (0.14), Anischka Luiters (0.14), Zanri Groenewald (0.14), Labrè Oosthuizen (0.19) en Jani van der Merwe (0.14). Baie geluk en baie sterkte vir die volgende rondtes!

Woordfees

Woordfees

Hoër Volkskool se debatspan het die afgelope anweek na Stellenbosch gereis en aa die skole debatskompetisie deelgeneem. Ons neem deel aan die kategorie: Ou Besems.  Ons praat tydens die eerste rondte teen Klein Nederberg met die tema: Leë blikke maak die meeste geraas. Ons dring dfeur na die tweede rondte waar ons praat teen  Bloemhof met die tema: haastige hond verbrand sy mond. Ongelukkig het ons slegs tot by daardie rondte gevorder. Dit was egter ‘n groot ervaring vir ons leerlinge en ons sien uit na volgende jaar fees! Foto: Vlnr Adriaan Blignaut (gr 8), Freddie van der Mescht (gr 8),...

Naweek Sport-uitslae

Die afgelope naweek was Hoër Volkskool se hokkie, rugby en 0.14 netbalspanne bedrywig. Hul het gemengde welslae behaal. Die 0.14 A en B Netbalspanne het ‘n afrigtingskliniek bygewoon te Laer Volkskool. Die kliniek is aangebied deur mnr Reg Sharp van Port Elizabeth. Die spelers het gewerk aan verdedigins- en aanvallende tegnieke en het die kliniek afgesluit met ‘n paar wedstryde. Die 0.16A en tweede hokkiespanne het aan die Despatch Sportfees deelgeneem,. Dit het baie goed gegaan met ons spanne. Die tellings is as volg: 0.16: HVS teen Wittedrif: 4 – 0 HVS teen Port Alfred 2 – 0 Tweedes HVS teen Adelaide Gimnasium 0 – 0...

Boogskiet

Boogskiet

Lekker reën,  groen gras en die pragtige berge rondom Graaff-Reinet het die agtergrond gevorm vir ‘n perfekte dag vir boogskiet by Hoër Volkskool op 14 Maart 2020. 55 skuts het deelgeneem aan die twee boogskiet dissiplines (Bulls  eye en 3D) Volkskool se ouers het die perfekte gashere gespeel vir die besoekers. Ons kan trots wees om sulke ondersteuning uit ons gemeenskap te hê. Die volgende uitslae is behaal 3D – PRIMARY BOYS BRONS  Tiaan Fourie       176         (LVS)SILWER Avon Williams    212GOUD   Rikus Kleyn         223         (LVS) 3D PRIMARY GIRLS BRONS  Marli Fourie        42           (LVS)SILWER Jenelle Theron 99GOUD   Miah Kruger      ...

Port Elizabeth Sport-toernooi

Port Elizabeth Sport-toernooi

Die afgelope naweek het van ons hokkie-, netbal-, en rugbyspanne deelgeneem aan verskeie toernooie te Port-Elizabeth. Die rugbyspanne  het aan die Andrew Rabie Rugbyfees deelgeneem. Die 0.14span speel teen Hoërskool Otto du Plessis en speel gelykop 5 – 5. Die 0.15 span het met baie entoesiasme gespeel en kon daarin slaag om Hoërskool Alexandria 14 – 7 te wen. Die eerste span het ook nie op hul laat wag nie en het hul wedstryd goed gewen met ‘n telling van 40 – 3 teen Victoria Park.  Die hokkiespan het deelgeneem aan die OP Hokkiefees te Westering, Port – Elizabeth. Hierdie wedstryde het ook as OP...

Gill Sportdag

By die jaarlikse Gill Sportdag het Hoër Volkskool weereens deelgeneem op die netbalbaan, die hokkie – en die rugbyveld. Dit was vir die meeste spanne die eerste keer wat hul die seisoen saam speel. Die verskillende spanne het verskillende uitslae gehad, maar dit was ‘n genotvolle dag vir almal. Die uitslae is as volg: Netbal (HVS telling eerste) Adelaide Gimnasium: 6 – 6 Hoërskool Brandwag: 9 – 11 Humansdorp Sekondere Skool: 14 – 10 Hoërskool Hangklip: 7 – 5 en Gill se 0.16span: 12 – 3 Die hokkiebokkies het ongelooflik goed gevaar. Hul was van die begin af gefokus en het hul harte uitgespeel. Hul...

Oos-Kaap Atletiek

Oos-Kaap Atletiek

Die Oos Kaap Hoërskole Atletiekkampioenskappe het van 5 tot 7 Maart 2020 op Cradock plaasgevind.  Baie warm weer was ‘n uitdaging vir die atlete om hulle beste prestasies te kon lewer. Marni van der Merwe het die 100m dogters o.17 gewen met ‘n tyd van 12,28 sekonde.  Sy het met hierdie wentyd die Oos Kaap rekord verbeter.  In die 200m het sy ‘n derde plek behaal met ‘n tyd van 25,99 sekonde.  Tiané Lombard wen die gewigstoot dogters o.19 met ‘n afstand van 10,17m.  Sy het ook met ‘n afstand van 29,23m tweede geeïndig in die diskus. Fransené Joubert behaal...

Karoo Gala

Karoo Gala

Na afloop van Hoër Volkskool se suksesverhaal by die interskolegala, het ons ook die karoogala hier in die hartjie van die karoo by ons binnenshuise swembad, aangebied. Die son het neergebrand, maar gelukkig het niemand sonsteek opgedoen nie! Gill College, Cradock Hoërskool, union High, Hoër Volkskool en Hoër Landbouskool Marlow het aan die hoërskole afdeling deelgeneem. Die rekords het nie soos gewoonlik gespat nie, maar een goeie rekord van Andrew Fischer van Union High, wat in 2009 reeds opgestel het, het Izak Hattingh van Hoër Volkskool laat spat vir die Seuns 0.16 50m Vlinderslag-item. Llewellyn Crewe-Brown het ook sy deel gedoen en ‘n nuwe...

Uitnodigingsgala

Uitnodigingsgala

Verlede Vrydagaand het 5 van Hoër Volkskool se swemmers deelgeneem aan ‘n uitnodigingsgala te Port-Elizabeth. Hierdie gala word gehou na afloop van B-groep gala’s wat gedurende die seisoen gehou word en die top 8 in elke item word dan genooi na die top 8 gala.Ons kon altesaam 10 medaljes inpalm. Foto: Dané Thiart wen ‘n brons medalje vir 50m vlinderslag, en twee silwer medaljes vir 50m vryslag en 50m borsslag. Emile Blignaut behaal ‘n vierde plek vir 50m vryslag en ‘n vyfde plek vir 50m borsslag.Owen Thiart wen ‘n silwer medalje vir 50m rugslag en twee goue medaljes vir 50m...

Interskole Gala

Interskole Gala

Die afgelope twee weke is die Interskole gala gala tussen die Volkskole en Union aangebied by Hoër Volkskool se binnenshuise swembad. Die dag het goed begin en Hoër Volkskool kon met ‘n uitstekende spanpoging daarin slaag om die spanbeker huistoe te bring met ‘n totaal van 410 punte teenoor UHS se 321 punte.  Verskeie rekords het die dag in die slag gebly en ons swemmers het omtrent hul kant gebring.  Anrich Nieuwoudt stel ‘n nuwe rekord op vir Seuns 0.14 50m Vlinderslag-item en Marlien Crewe-Brown stel ‘n nuwe rekord op vir Dogters 0.16 50m Vryslag-item. Izak Hatting stel nuwe rekords op in die volgende...