Die volgende Hoër Volkskool atlete is opgeneem in die Sarah Baartman Atletiekspan. Die atlete sal deelneem aan die Oos Kaap Hoërskole Atletiekkampioenskappe 5 – 7 Maart 2020 in Oos Londen. Tiané Lombard Gewigstoot en Diskus, D o.19 Fransené Joubert Spiesgooi, D o.19 Marion de Boer 800m en 1500m, D o.17 Dané Thiart Gewigstoot, D o.17 Marni van der Merwe 100m en 200m, D o.17 Malandri Lombard 100m en 200m, D o.15 Ceano Everson Verspring, S o.15 Ethan Jaftha 100m, 200m en 400m, S o.14

BEDRYWIGE TENNIS WEEK VIR HVS
Die tennisspelers van Hoër Volkskool het ‘n baie bedrywige week agter die rug. In die Somerliga het die eerste seunspan met Wheatlands kragte gemeet. Wheatlands wen die wedstryd 3 – 1. Die tweede seunspan speel teen Mountain met die besoekers wat 3 – 1 seëvier. Dinsdag het die eerste twee spanne in ‘n weg wedstryd teen Cradock gespeel. Die wedstryde is beslis met dubbel- en enkelwedstryde. Volkskool se eerste seunspan verloor naelskraap 4 – 5, terwyl die eerste dogterspan 8 – 1 wen. Die tweedespan wedstryde is deur Volkskool oorheers en beide die seun- en dogterspanne wen 8 – 1....

SA Junior Protea Skuts
Anke en Tarien van der Westhuizen het vanaf 3 tot 8 Februarie deelgeneem aan die SAMSSA Nasionale Proewe te Bloemfontein. Albei het baie goed daar gevaar en is gekies vir die Suid-Afrikaanse Junior Proteaspan wat vanaf 1 tot 12 Julie gaan deelneem aan die Wêreld Kampioenskappe in Gideå, Swede. By die proewe het hulle die volgende uitslae behaal: Tarien van der Westhuizen – 2 brons -, 2 silwer – en 2 goue medaljes Anke van der Westhuizen – 2 brons – , 3 silwer – en 7 goue medaljes verower het. Andrew Schoeman het ook aan hierdie proewe deelgeneem en...

Netbal-kursus
Die afgelope naweek het ‘n junior en ‘n senior groep netbalspelers van Hoër Volkskool ‘n netbalafrigtingskursus te Port-Elizabeth bygewoon. Die kursus is aangebied deur die Nelson Mandela Universiteit se Netbalklub, die Madibaz, by diè universiteit se binnenshuise sportsentrum, met die hoofafrigter Lana Krige. Die spelers het verskeie afrigtingsessies bygewoon wat gevolg is deur mini toernooie waar die spanne onder andere teen die Madibaz-span ook gespeel het. Al die wedstryde was vriendelik om die afrigtingsessies af te sluit. Aan die einde van die naweek is Carlin Jansen aangewys as die Beste Aanvallende Speler by die kursus. Dit was ‘n baie leersame...

HVS verwelkom nuwe personeellede
Aan die begin van 2020 het Hoër Volkskool drie nuwe gesigte verwelkom as personeellede. Me. Karin van Wyk het haar hier kom vestig van Volksrust af. Sy het haar tersiêre opleiding deur Unisa voltooi en gaan Gr 8 – 10 English First Additional Language, asook Lewensoriëntering aanbied. Sy is baie positief oor haar nuwe pos en geniet dit baie om Afrikaanse kinders te onderrig. Mnr Andrè Malan is ‘n nuwe ou gesig by Hoër Volkskool. Hy was ses jaar gelede betrokke by die skool, en het daarna verhuis. Sy paadjie het hom egter teruggebring na die Juweel van die Karoo....

Landsdiens
Ses van Hoër Volkskool se landsdieners het tydens die Desember-vakansie die Nasionale Landsdienskampe bygewoon. Lliam van Heerden en Annelie Viljoen het die junior kamp te Thaba Marula kampterrein bygewoon, terwyl Emile Blignaut, Amorè Cronjè, Steffi Loots en Fransenè Joubert die senior kamp te Joy Unspeakable by Roodeplaatdam bygewoon het. Dit was ‘n baie leersame ondervinding vir hierdie leerders en kon hul deelneem aan verskeie aktiwiteite. Sommige aktiwiteit het egter nie plaasgevind nie, weens die welkome reën. Drie aktiwiteite wat vir ons plattelandse kinders uitgestaan het, was die rit op die Gautrein en hul besoek aan Gold Reef City en die...

OP Tennis
Tien van Hoër Volkskool se tennisspelers is verkies vir die Oostelike Provinsie Plattelandse tennisspanne. Hul sal later in die jaar aan interprovinsiale toernooie deelneem. Agter: Elize de Jager (0.16), Danè Thiart (0.19), Lliam van Heerden (0.16), Alwyn van der Merwe (0.19 reserwe vir die A-span). Voor: Zanri Groenewald (0.14), Petrie van der Merwe (0.16), Pieter van der Merwe (0.14) en Inke van der Merwe (0.16). Afwesig vir die foto is twee sussies, Petronè en Juryna Fourie, albei 0.19. Baie geluk en sterkte!

Kleure-atletiek
Tydens die jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms van Hoër Volkskool, het die volgende leerlinge baie goed presteer: Agter: Marco Jooste word aangewys as die Senior Victor Ludorum vir 2020. GP Borcherds wen die Volksie-beker vir die seun met die vinnigste tyd in die 1500m. Hy voltooi die wedloop in ‘n tyd van 4:59,43. Jan-Hendrik Gouws wen die Christo Bezuidenhoudt beker vir die seun met die beste prestasie in ‘n veldnommer. Jan-Hendrik kom eerste in die gewigstoot vir seuns 0.17 met ‘n afstand van 11, 77m. Ricklin Niemand wen die Volksiebeker vir die vinnigste 100m met ‘n tyd van 11,51sekondes, asook die Volksiebeker vir...

Ruiterkuns
Een van Hoër Volkskool se perderuiters, Zanki Botha, het die OP by die Nasionale Proewe verteenwoordig in die driegang en die vyfgang afdelings. Sy word na die proewe gekies om deel te wees van die top 18 waaruit die Senior en Junior Protea spanne gekies moes word. Zanki word gekies as lid van die driegang en vyfgang Senior Protea Spanne. Sy sal in Julie 2020 deelneem aan die Ruiterkuns Wêreldbeker en Suid-Afrika verteenwoordig. Hierdie is ‘n jarelange droom waarvoor sy met ywer en passie geoefen het. Baie sterkte aan Zanki!

Gholf
Jean-Louis du Plessis het as lid van die Oostelike Provinsie 0.19 Gholfspan aan ‘n Interprovinsiale Gholftoernooi te Oubaai Gholfklub, deelgeneem tydens die Desember-vakansie. Veertien provinsies het aan die toernooi deelgeneem met agt spelers in elke span. Daar was in twee afdelings meegeding en OP het aan die B-Afdeling deelgeneem. Spanlede het elke dag wedstryde gespeel en die uitslag was bepaal deur die span wat die meeste gate gewen het. Die OP-span het derde geeïndig en die laaste dag het hul die algehele wenners van hul afdeling, Kwazulu Natal, oortuigend gewen. In die vierspelkompetisie het Jean-Louis en sy spanmaat drie wedstryde...
