Die afgelope naweek het Llewellyn Crewe-Brown, Hoër Volkskool se stêr-swemmer, aan die Oos-Kaap Swemproewe deelgeneem te Port-Elizabeth. Hy het aan ses items deelgeneem en in al ses items goeie eerste plekke behaal. Hierdie prestasies het verseker dat hy in die Oos-Kaap Swemspan opgeneem is. Hy gaan die Oos-Kaap verteenwoordig by die die Suid-Afrikaanse Somer Spele (Skoolswem) vanaf 9 Desember 2019 in Gauteng. Ons wens hom baie geluk en alle sterkte toe!

Hoofleiers
Een van die hoogtepunte by die prysuitdeling, is die aankondiging van ons skool se hoofleiers. Vlnr: Megan Nel, onderhoofdogter, Llewellyn Crewe-Brown, hoofseun, Labrè Ooshuizen, hoofdogter, en Dieter Bertram, onderhoofseun. Ons wens hierdie leiersspan alle voorspoed vir die toekoms. Die Huiskomitee van Huis Cronjè is ook aangekondig, asook die leiers van hierdie span. Dunzual Abrahams, Nicolaas Grobler (onderhoofseun), Jan-Hendrik Gouws, Zanki Botha en Jorinda Gouws (onderhoofdogter) Voor: Ruben van der Merwe (Hoofseun), Alwyn van der Merwe, Megan Nel (Hoofdogter), Marni van der Merwe en Athena Finck

Prysuitdeling
Die jaarlikse prysuitdeling van Hoër Volkskool was weereens ‘n spoggeleentheid. Baie geluk aan al ons pryswenners met hul uitstaande prestasies.

Matrieks afskeidsdag
Die matrieks se laaste skooldag het gesorg vir baie opwinding. Die matrieks het die skoolhoof, Mnr Theo Dörfling, ontvoer en gevange gehou vir ‘n losprys. Die matreiks het klere omgeruil vir die dag om die ontvoerders te verdoesel, wat baie mense deurmekaar gemaak het. Na vele onderhandelinge is daar ooreengekom dat die hoof teruggebring sou word aan die einde van die skooldag, in ruil vir die losprys. Die hoof is teruggebring en in ruil is die matrieks bederf met ‘n glasie sjampanje en baie lekker herinneringe van die dag. Met navraag aan die hoof of hy darem goed behandel is...

Erekleure
Hoër Volkskool gee erkenning aan leerders wat bo-gemiddeld presteer op die gebied waarin elkeen uitsonderlik goed gevaar het. Die volgende leerlinge het gped gevaar en erekleure verdien: Juryna Fourie: Kultuur en Boogskiet, Riclin Niemand: Rugby, Dillon Stannard: Silhouet skiet, Linda Lötter: Gr 12 Akademie, Victor Dercksen: Silhouet skiet, Devan Nel: Rugby, Sanmari de Goede: Boogskiet, Pierre van der Merwe: gr 12 Akademie en Boogskiet, Amore Cronje: Kultuur, Inge van Rooyen: Gr 12 Akademie. voor Andrew Schoeman: Silhouet skiet, Anke van der Westhuizen: Silhouetskiet, Fransenè Joubert: Kuluur, Xander Moster: Boogskiet, Petronè Fourie : Kultuur en Boogskiet, Caitlin du Preez: Gr 12...

Akademiese Top 10
Aan die einde van elke kwartaal, wys Hoër Volkskool ons top tien slimkoppe in elke graad aan. Die volgende leerlinge beklee die eerste klasposisie na afloop van die derde kwartaal: Petrone Fourie (gr 10), Juryna Fourie (gr 11), Pierre van der Merwe (Gr 12), Chloe Stannard (gr 9) en Zenke Enslin (gr 8).

HVS Team Versace
Elke jaar neem die gr 12’s deel aan die Intermatriektoernooi. Hierdie jaar was die kompetisie baie straf en die matrieks moes hard baklei vir die beker. Die span wat op die einde van die dag as die wenners uit die stryd getree het, was die Team Versace. Carla Fourie, Zak van der Merwe (Kaptein), Cameron Koopman, Breyton Grootboom ,Lykita Koeberg en Inge van Rooyen. Baie geluk!

WOW Spelfees
Hoër Volkskool neem elke jaar deel aan die WOW-Spelfees en van ons leerlinge het deurgedring en aan die Provinsiale rondte deelgeneem. Ongelukkig het nie een van ons spellers verder as Provinsiaal gevorder nie, maar het steeds baie goed gedoen. Vlnr: Elnè Adams, Zenke Enslin, Jeffson Arends, Shamika van Rooyen, Elnè Marx en Lara Muller (afwesig Helouise van Loggerenberg)

Tweetaligheid
Omdat Hoër Volkskool ‘n Afrikaans Mediumskool is, probeer ons steeds om ons leerders die geleentheid te gee om hul staal in Engels te wys. ‘n Paar van ons leerlinge neem elke jaar deel aan die tweetaligheidseksamen en die volgende leerlinge het die eksamen in 2019 suksesvol voltooi: Astrid Langeveldt, Jorinda Gouws, Caitlin du Preez, Linda Lötter, Megan Hendrikse, Steffanie Scholtz, Chloe Stannard en Sue-mari Burger. Caitlin is die top presteerder by hierdie eksamen.

HVS Boogskiet
Van Hoër Volkskool se boogskuts het aan die Nasionale Kampioenskappe in Witbank deelgeneem. Tydens die Bullseye wedstryd het HVS ‘n algehele twaalfde plek uit 18 skole behaal en in die 3D kompetisie het ons ‘n agtiende plek uit 30 spanne behaal. Sewe van hierdie skuts het aan die interprovinsiale ook in Witbank deelgeneem as deel van die Oos-Kaapspan. Hierdie span eindig algeheel vierde met slegs 5 punte agter die derde span. Foto: Mathys Oberholzer, Xander Mostert, Petrone Fourie, Jutyna Fourie, Sanmari de Goede, Pierre van der Merwe, Nico Coetzee, Lieben Bekker en Lisa Bekker.18
