HVS Skiet

HVS Skiet

Die volgende leerlinge het deelgeneem aan die SAMSSA Nasionale  Silhoetskiet Kampioenskappe. Andrew Schoeman (gr8) neem 0.14 deel en verower ses goue medaljes. Dillon Stannard het deelgeneem en ‘n paar goeie plekke behaal, Victor Dercksen (gr8) neem 0.20 deel en wen een goue medalje. Anke van der Westhuizen (gr11) neem ook 0.20 deel en wen vier goue medaljes, twee silwer en een brons medalje. Tarien van der Westhuizen (gr8) neem ook 0.20 deel en wen vyf silwer medaljes en een brons medalje.

September vakansie rugby

September vakansie rugby

Riclin Niemand is gekies vir die OP 0.17 Sewe’s span. Hul het tydens die September-vakansie aan die Nasionale Sewe’s Toernooi deelgeneem in Welkom. Die span het eers aan poel-wedstryde deelgeneem en het tot by die semi-finale rondte gevorder. Hier het hul uitgespeel vir derde en vierde plek teen SWD en verloor ongelukkig die wedstryd 19 – 24. Hul eindig dus vierde in die toernooi. Devan Nel is gekies vir die OP 0.19 rugbyspan wat tydens die September-vakansie aan die SA 0.19 Toernooi deelgeneem het in die Paarl. Hul het altesaam drie wedstryde gespeel en verloor ongelukkig twee van die drie....

Karoo Eistedfodd

Karoo Eistedfodd

Tydens die jaarlikse Karoo Eistedfodd wat in De aar aangebied word, het Hoër Volkskool baie goed gevaar. Daar is deelgeneem aan ‘n wye verskeidenheid van kategorieë en ons kultuurdiere het hul eie verwagtinge oortref! Van die uitslae is as volg: Agter: Kaylene September (Groepdans Silwer),  Bianca Naude (Sang Goud), Petrone Fourie (Spraak en drama goud, dubbel goud en trippel goud), Annelie Viljoen (Spraak en drama, Trippel goud) Chantel van der Nest (Sang, Dubbelgoud), Chante Bosch (Groepdans Goud) Voor: Romenischia Stoffels  (Groepdans Silwer)   Casey-Lee Ali  (Groepdans Silwer)Tamaryn-Lee Cross ( Sang twee items, albei dubbelgoud, asook groepdans Goud) Jornell Visagie.groepdans Goud,  Athena Finck Musiek...

‘Project David’

‘Project David’

Wian Vos, bekend vir sy Project David, het ‘n baie suksesvolle ‘Praise and worship’ in ons skoolsaal aangebied. Die kinders het so baie geleer en baie het opnuut hul harte vir die Here gegee. Wian het in die laaste paar kere wat hy HVS besoek het, ‘n hele paar kinders se lewens verander waar hul nuwe christene geword het, of van ‘n lou christen weer ‘n warm christen gemaak het. Ons sien baie uit na sy volgende besoek aan ons!

UCAN

UCAN

Maandagoggend het UCAN, ‘n gemeenskapsprojek wie se doel is om die jeug en ons nasie in te lig en te lei, Hoër Volkskool kom besoek.  Hul hoofdoel is om dwelms van die strate af te kry en om die lewens van die wat al betrokke is by dwelms  te help om die siklus te breek. Met hul Christelike aanslag het hul menigte leerlinge en onderwysers in trane gehad met hul lewensverhale. Dit het baie leerders laat besef dat hul op die verkeerde pad is en dat iets eenvoudigs soos rook, wat onskuldig lyk, kan lei tot iets wat baie erger...

Tennis

Tennis

16 van Hoër Volkskool se tennisspelers het op 23/24 Augustus aan die Marco Wasserman Tennistoernooi in Middelburg deelgeneem. Elke span bestaan uit 4 seuns en 4 dogters wat aan dubbel- en gemengde dubbelspel wedstryde deelneem. Die HVS eerste span behaal oorwinnings oor Hoërskool De Aar (44-28), Union High (41 – 31) Hoërskool Middelburg (39 – 33) en Framesby ((42-30). Ons verloor ongelukkig teen Pearson (25 – 47) wat ook die toenooi-wenners was. HVS se eerste span eindig tweede. Die tweede span het aan die B-liga kompitisie deelgeneem en eindig algeheel vyfde. Ek heg foto’s aan met krediet aan Johanette Fotografie...

Senior Leerlingraad

Senior Leerlingraad

Hier is die Senior Leerlingraad vir die termyn 2019/2020. Mnr Theo Dörfling, Juryna Fourie, Reinier Swanepoel, Jaco van Loggerenberg, Jean-Louis du Plessis, Llewellyn Crewe-Brown, Dieter Bertram, Emile Bosch en Megan Nel. Voor: Wadey Minnaar, Casey du Toit, Astrid Langeveldt, Alwyn van der Merwe, Ruben van der Merwe, Logan Ludick, Mia du Plessis en Labre Oosthuizen. Die groep leiers vertrek eersdaags op ‘n opleidingskamp waar die Hoofleiers en onderhoofleiers van die span verkies en dan tydens die jaarlikse prysuitdeling bekendgemaak sal word in volgende kwartaal.

Junior Leerlingraad

Junior Leerlingraad

Hoër Volkskool het die leerlingraad vir die termyn 2019/2020 aangekondig. ons is baie trots op ons jong leiers! Op hierdie foto verskyn die Junior Leerlingraad, saam met Mnr Theo Dörfling, die skoolhoof.   Ruan Deysel, Lliam van Heerden, Johandre Groenewald en Tanya Nieuwoudt. Voor: Ceano Everson, Zenke Enslin, Melandrè Kombani en Chloe Stannard.

Kultuuraand

Kultuuraand

‘n Besondere kultuuraand met ‘n ryke verskeidenheid is deur Hoër- en Laer Volkskool op 21 Augustus 2019 aangebied.  Daar was oomblikke van lag afgewissel met ernstige oomblikke op die verhoog.  Die gehoor het die geleentheid gekry om die talent van die leerders te bewonder en geniet. Die aand het afgeskop met ‘n grasieuse solo dansvertoning,  “Jakkals en Eend” en “Winkeltande” het die volwassenes in die gehoor teruggevoer na die dae toe hulle begin skoolgaan het.  ‘n Mooi klavieruitvoering van “Chariots of Fire” is gevolg deur ‘n monoloog wat ‘n rugbyspeler met meer as sporttalent voorstel.  ‘n Interessante Hennetjiegedig het afwisseling...

Muurbal

Muurbal

Verlede week het Hoër Volkskool teen Hoërskool Middelburg muurbal gespeel. Die wedstryde het plaasgevind in Graaff-Reinet en daar is in baie goeie gees meegeding.  Hoër Volkskool se spelers het alles uitgehaal en het Middelburg verslaan met ‘n telling van 17 – 5. Hier is van die Volkskoolspelers besig om te ondersteun: Voor: Danè thiart, Injke van der Merwe, Alwyn van der Merwe en Llewellyn Crewe-Brown