Hokkie

Hokkie

Die o.16 A hokkiespan van HVS het ‘n baie goeie hokkieseisoen beleef.  Hulle het 23 wedstryde gespeel waarvan hulle 19 gewen het.  Tydens die wedstryde is 66 doele aangeteken. Die kersie op die koek was die pragtige wedstryd wat hulle teen Union High School tydens interskole gespeel het en met 2 – 0 gewen het. Ons bedank graag ons borge, mnr. Alfred Stannard en mev. Ilse Botha.   Foto: Agter: Tyneal Botha, Mev Paula Zandberg (afrigter), Astrid Langeveldt, Elaine van Rensburg, Leigh-Zay Gysman, Robyn Koetaan, Marlien Crewe-Brown, Anja Smit, Haley Read, Elize de Jager en Elne Marx. Voor:Lynette Truter, Inke...

Boogskiet

Boogskiet

Tydens die Septembervakansie word daar twee groot toernooie aangebied in Boogskiet. Die eerste toernooi is ‘n Interprovinsiale toernooi wat gevolg deur ‘n interskole toernooi. Hierdie toernooie vind albei plaas in Emalalheni, Witbank Hoër Volkskool word baie goed verteenwoordig in die Oos-Kaap HOërskole B-Span met die volgende skuts wat in die span ingesluit is: Agter: Lieben Bekker, Sanmari de Goede,  Juryna Fourie. Voor: Petronè Fourie,  Xander Mostert en Mathys Oberholzer. Afwesig Pierre van der Merwe

1954 KLAS REÜNIE

1954 KLAS REÜNIE

Na vyf jaar het die destydse matriekklas van 1954 van Hoër Volkskool weereens byeengekom gedurende die Interskole naweek.    Groot opwinding het geheers met die aankoms by hulle alma mater en die funksie Donderdagaand is terdeë geniet. Prof Christo Viljoen was ‘n gasspreker tydens die saalbyeenkoms Vrydagoggend, 9 Augustus.   Vrydagaand is gesellig deurgebring met Mev Carin Ferreira-Meiring, destydse onderwyseres, as eregas. Hierdie groep was die eerste matriekklas by die hoërskool wat in 1954 ingewy is.   Prof Viljoen, destydse vise-kanselier van die Universiteit van Stellenbosch was die eerste hoofseun en het die reünie ook bygewoon asook ag oudleerders met hulle gades.   Verskillende...

VCSV

VCSV

Die naweek van 16 Augustus het Wian Vos ‘n kringleierskamp vir al die kringleiers van 2019-2020 jaar aangebied.  “Lewensveranderend” is soos een van die kringleiers dit opgesom het.  Hulle het meer oor hulself geleer, baie oor God uit Sy woord geleer en is toegerus om die vuur wat in hulle brand ook met ander te deel.  Ons is opgewonde om as ambassadeurs vir God se koninkryk in Volkskool op te tree. Die kamp het plaasgevind by Profcon in Graaff-Reinet wat bygedra het tor die wonderlike atmosfeer wat geheers het by die kamp. Baie dankie vir jul gasvryheid, ons het lekker geet...

Karoo Eistedfodd

Karoo Eistedfodd

Agter: Kaylene September (Groepdans Silwer),  Bianca Naude (Sang Goud), Petrone Fourie (Spraak en drama goud, dubbel goud en trippel goud), Annelie Viljoen (Spraak en drama, Trippel goud) Chantel van der Nest (Sang, Dubbelgoud), Chante Bosch (Groepdans Goud) Voor Romenischia Stoffels  (Groepdans Silwer)   Casey-Lee Ali  (Groepdans Silwer)Tamaryn-Lee Cross ( Sang twee items, albei dubbelgoud, asook groepdans Goud) Jornell Visagie.groepdans Goud,  Athena Finck Musiek instrumentaal goud, Individuele dans Dubbelgoud en  groepdans Goud , Whitney Visagie  groepdans Silwer Nie op foto: Marco Jooste: Spraak en drama Silwer en goud Jorinda Gouws: Musiek instrumentaal Silwer Melissa Fillis  Sang twee items, albei dubbelgoud Wadey Minnaar  Sang, Dubbelgoud

Interskole 2019

Interskole 2019

Hoër Volkskool het die rugby-en hokkieseisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit in 2019. Met die jaarliske interskole tussen die Volkskole en die Union-skole in Graaff-Reinet, was daar ‘n paar uitslae wat die oë laat rek het. Met Union se 100ste verjaarsdag vieringe, was diè skool die gunstelinge op elke gebied. Volkskool het egter hul nie van stryk laat bring nie en het op elke gebied hul merk gemaak, hetsy deur die kompetisie te wen, of as volwaardige teenstanders uit die stryd te tree. In hierdie jarelange stryd, wat al sedert 1922 duur en die eerste rugbytelling in daardie jaar 0 – ...

WOW Spelfees

WOW Spelfees

Die volgende leerlinge het deelgeneem aan die jaarlikse WOW-spelfees wat aangebied is by Spandau Sekondêre Skool in Graaff-Reinet. Agter: Chantelle du Preez, Jeffson Arends, Danielle Grobler, Zenke Enslin, Ruan Deysel, Annelie Pieterse, Shamika van Rooyen,  Marolene Lomberg, Chandler Prins, Waydan Lodewyk Voor: Helouise van Loggerenberg, Annika Fitzgerald, Reme Vorster, Crusadia Briesies, Denovan Hoffman, Jana Muller, Elnay Admas, Michaela Willemse, Astrid Langeveldt, Lara Muller (afwesig Elnè Marx) Die volgende leerlinge het baie goed gedoen en dring deur na die volgende rondte wat volgende naweek by Laerskool Sunridge te Port-Elizabeth aangebied word: Zenke Enslin (eerste plek in Gr 8 Afdeling), Elnay Adams,...

Wiskundige Geletterheid Olimpiade

Wiskundige Geletterheid Olimpiade

Van Hoër Volkskool se leerlinge het die jaarlikse Wiskundige Geletterdheid Olimpiade afgelê. Emile Blignaut behaal ‘n brons sertifkaat, terwyl Inge Jansen en Chantelle du Preez elkeen ‘n silwer sertifikaat verower. VLNR: Emile Blignaut, Inge Jansen en Chantelle du Preez

67 min vir Mandela

67 min vir Mandela

Elke jaar op die 18 Julie gee mense 67 min van hul tyd vir Mandela. Hierdie jaar was nie anders vir Hoër Volkskool se leerlinge nie. Ons het, in samewerking met Montego Pet Nutrition, ‘n oop stuk veld in die dorp help skoonmaak. Gewapen met handskoene en ‘n sak, het die leerlinge die veld ingevaar. Die leerlinge het dit geweldig baie geniet, en een het tereg opgemerk dat Mnr Mandela vandag vir ons hande klap van dankbaarheid van bo af.

ATKV

ATKV

Hoër Volkskool se ATKV Jeugtak, die Volksmond, presteer uitstekend. Tydens ‘n ATKV Algemene Jaarvergadering te Klein Kariba, het Jorinda Gouws, tesourier van die Volksmondtak, Hoër Volkskool verteenwoordig. Hierdie vergadering word bygewoon deur verteenwoordeigers regoor die land, insluitende Namibië. Dee hooftema van die vergadering hierdie jaar was om saam te staan om ons Huistaal, geboortetaal voort te bou. Jorinda het ‘n prys namens die tak ontvang vir die tak wat die meeste bydra tot onderwys in die Noord-Oos Kaap. Die tak is baie aktief in die skool en in die gemeenskap, so hou ons projekte dop en ondersteun ons!