Interskole Swemgala

Interskole Swemgala

Die afgelope week het die jaarliske Interskole swemgala tussen die Volkskool en Union Schools plaasgevind by die binneshuise swembadkompleks by Hoër Volkskool. Die kompetisie was baie straf maar op die einde van die dag het Die Volkskole met albei trofee weggestap. In die laerskole afdeling is Aiden Thiart en Carlien Oosthuizen, albei van Laer Volkskool aangewys as die top swemmers van die dag. By die hoërskole afdeling is Rianco Vermeulen en Marlien Crewe-Brown as die Victor en Victrix Ludorum afsonderlik aangewys. Marlien het altesaam vier rekords gebreek, terwyl Rianco twee itemrekords agter sy naam kan skryf. Foto: Rianco en Marlien...

Skiet

Skiet

Anke en Tarien van der Westhuizen het die afgelope naweek aan die SA Metaal Silhouette se Bloemfontein MSK – OPE  deelgeneem. Anke behaal ‘n totaal van sewe eerste plekke in die 0.20 afdeling en een eerste plek in die Ope afdeling. Tarien behaal twee derde plekke en een tweede plek in die 0.20 afdeling, terwyl sy ook ‘n tweede plek behaal in die Ope afdeling. Wat hierdie prestasie nog beter maak, is dat Anke nog in gr 11 is en Tarien in gr 8.

Boogskiet

Boogskiet

Skole van Oos-Londen, Port Elizabeth, Port Alfred, Despatch en Uitenhage en Graaff-Reinet het op Saterdag, 16 Februarie aan die Ope kompetisie vir die NASP boogskiet in Port Alfred deelgeneem.  Laer Volkskool se skuts het uitstekend gevaar en behaal goud, silwer en brons in die bullseye afdeling. Freddie van der Mescht behaal  goud in beide die bullseye en 3D, met Adriaan Blignaut wat silwer en Casper Bekker wat brons verwerf.  In die hoërskole afdeling skiet Danielle McNaughton van Union High die beste telling van die Graaff-Reinet skuts. Freddie van der Mescht skiet ‘n 50/50 met die bullseye kompetisie en Dillon Stannard skiet 50/50 op die beer in die 3D kompetisie. Die volgende kompetisie is op...

Tennis4Jesus toernooi te Bredasdorp

Tennis4Jesus toernooi te Bredasdorp

Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se eerste tennisspan aan die Tennis4Jesus toernooi te Bredasdorp deelgeneem. Die tog soontoe was ‘n lang pad maar met die goeie geselskap het die tyd gevlieg! Die toernooi het oor twee dae gestrek en ons spelers het baie goed gevaar. HU het die eerste dag teen Hoërskool Dirkie Uys van Moreesburg gespeel en wen die wedstryd 32-19. Daarna het hul teen Hoërskool Hermanus gespeel en die hierdie wedstryd ook maklik met ‘n telling van 39 – 12. Daarna speel hul die wedstryd van hul lewe teen Hoërskool Strand en wen die wedstryd met ‘n...

OP Tweekamp

OP Tweekamp

Links Marlien Crewe-Brown,  Llewellyn Crewe-Brown  en Dane Thiart is gekies om aan die OP Tweekamp Kampioenskappe deel te neem te Port-Elizabeth. By hierdie byeenkoms sal ‘n finale OP span gekies word om aan die SA-Kampioenskappe deel te neem, wat hierdie jaar ook in Port-Elizabeth aangebied word.

Tweekamp

Tweekamp

Die Highgate Interprovinsiale Tweekamp is die tweede grootste tweekamp byeenkoms in die wereld. Net die SA’s het meer mededingers. Daar was heelwat Graaff-Reinet kinders wat deelgeneem het en ‘n hele paar van Laer Volkskool het hul staal op die baan en in die swembad gewys. Hoër Volkskool het ook ‘n verteenwoordiger gehad in Marlien Crewe-Brown wat die OP “A” span verteenwoordig het in die meisies o/15. Daar was altesaam 35 deelnemers van 8 provinsies en streke en Marlien het in die top 10 geeindig. Hierdie is voorwaar ‘n puik perstasie en ons is baie trots op haar. Die volgende tweekamp...

CSV Kar-was

CSV Kar-was

Die Christelike Studente Vereniging-tak (CSV) van Hoër Volkskool het Maandagaand karre by die skool gewas as Fondsinsameling vir die skool. Die projek is baie goed ondersteun deur ouers, onderwysers en lede van die publiek. Baie dankie vir elkeen se bydrae, hetsy dit was om jou klere nat te maak om te was, of om jou kar te kom trek vir ‘n was!  Ons waardeer dit!

Collie Koeberg Atletiek

Collie Koeberg Atletiek

Agttien Hoërskole het aan die Streekbyeenkoms op Collie Koeberg Stadion deelgeneem.  Die atlete van Hoër Volkskool het 34 eerste plekke behaal.   Albrecht de Jager                               :           Spiesgooi S o/14                     :           28,35 m Lliam van Heerden                            :           Driesprong S o/15                   :           10,20 m Marco Jooste                                      :           Driesprong S o/16                   :           11,10 m Annelie Viljoen                                   :           Diskus D o/15                         :           21,60 m :           Gewigstoot D o/15                  :           8,62 m Megan Hendrickse                             :           Spiesgooi...

AFSKEID

AFSKEID

Tydens juffrou Magda van Heerden se laaste saalbyeenkoms, het die Volksmond-bestuur amptelik van haar afskeid geneem.  Hier is Jorinda Gouws, Dillon Stannard,  Emile Blignaut,  Theodor Dorfling Inge Jansen en  Annika Fitzgerald saam met mev Magda van Heerden.

Swem

Swem

“Die laaste week van Januarie is daar ‘n reuse B groep gala aangebied in Port Elizabeth. Met oor die 700 inskrywings van meer as 40 skole was die paviljoene gepak en die kompetisie straf. Hoër Volkskool het ook twee swemmers gehad wat hul skool verteenwoordig het. Marlien en Llewellyn Crewe-Brown het in dieselfde oudersoms groep deelgeneem naamlik mans 15-16 en dames 15-16 jaar.   Hulle het weereens uitsonderlik presteer. Llewellyn Crewe-Brown het in al 5 sy items eerste gekom en het ook in elke item sy persoonlike beste tyd geswem. Veral sy 50m vlinderslag tyd van 28.27 het die afrigters...