By die afgelope saalbyeenkoms, is die graad 8’s offisieël welkom geheet by Hoër Volkskool, met ‘n tradisionele verwelkomingsseremonie. Die gr 8’s mag tot dusver nie hul baadjies skool toe aangetrek het nie. By die seremonie moes hul opstaan en ‘n eed van getrouheid aflê. Daarna het elke gr 8 se matriekvoog hul baadjies vir hul aangetrek. Die hoofleiers, Marichen Piek en Chris Burger, het aan elkeen ‘n skoolwapen oorhandig wat hul op hul baadjies mag vertoon. Daarna het die waarnemende skoolhoof, Mnr Theo Dörfling, elkeen welkom geheet met ‘n handdruk. Ons is trots om ‘n Volksie te wees! Mnr Dorfling...

Vuurdoop vir boogskieters
NASP – VOLKSKOOL het Saterdag 26 Januarie hul eerste kompetisie (NASP KWAGGA OPE) van die nuwe seisoen geskiet. 70 skuts sover as Oos-Londen en Victoria-wes het deelgeneem. Uit die 14 VOLKSKOOL skuts was daar 4 skuts wat hul eerste kompetisie ooit geskiet het. Met die intrapslag het hulle aan die 3D afdeling van die kompetisie moes deel neem waar die diere teikens se telling area klein is en die afstande wissel van 10 tot 15 m. Die skuts het hulle almal goed van hul taak gekwyt. Op podium vir Volkskool Brons 3D en Brons Bullseye Primêre skole – Casper Bekker...

OP Platteland Tennis
Die volgende tennisspelers van Hoër Volkskool is ingesluit by die OP Platteland tennisspanne. Petri van der Merwe het ‘n uitsonderlike prestasie beriek deur ook ingesluit te word by die OP-span. Hy gaan die Oostelike Provinsie by die SA Skole-toernooi verteenwoordig. Alwyn van der Agter: Merwe( 0.16), Dieter Bertram (0.19), Victor Dercksen (0.14), Marco Jooste (0.16), Dane Thiart (0.16). Voor: Petri van der Merwe (OPP 0.16, OP 0.15) Labre Oosthuizen (0.19), Inke van der Merwe (0.0.16), Dehana van der Merwe (0.19) en Petrone Fourie (0.16). Hooffoto: Twee sussies van Hoër Volkskool en hul boetie van Laer Volkskool. Al drie is opgeneem...


Graad 8 Leerlingraad
Die gr 8 leerlingrraad vir die termyn 2019 is aangekondig. Hul is van links na regs: Lynette Truter, Melandri Lombard, Danah Nel en Hennie Barnard. Om Volksies se leierskap te ontwikkel is vir ons ‘n groot prioriteit. Baie sterkte aan hierdie vier leerlinge!


Akademiese Top 10
Hoër Volkskool gee aan die einde van elke kwartaal akademiese erkenning aan ons leerders wat hard gewerk het nadat die eksamen afgelê is. Die top 10 kandidate van elke graad word in ‘n amptelike saalbyeenkoms aangewys. Na die afgelope November eksamen, is die volgende leerlinge aangewys as die toppresteerders in hul graad: Mia du Plessis (gr 9), Chloe Stannard (Gr 8), Pierre van der Merwe (gr 11) en Juryna Fourie (gr 10)

Akademiese Erekleure
Die volgende leerlinge het met baie harde werk en geduld ‘n baie goeie prestasie behaal. ‘n Leerling moet ‘n gemiddelde A behaal vir die Junie eksamen, asook ‘n gemiddelde A handhaaf tydens die November eksamen om te kan kwalifiseer vir erekleure in Akademie. Elkeen van hierdie leerlinge het erekleure vir akademie behaal met hierdie vereistes. Van links na regs: Inge van Rooyen (gr 11), Pierre van der Merwe (gr 11), Linda Lötter (Gr 11), Sanmari de Goede (gr 10), Caitlin du Preez (gr 11), Juryna Fourie (gr 10) en Lillian Korkie (gr 11). Ons is baie trots op hierdie leerlinge wie...

Krieket
Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte teen Gill College op die krieketveld gemeet. Dit was bloedig warm maar die spelers het steeds hul beste gegee. Hoër Volkskool het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 99 lopies. Daarna het Gill opgestap. Die Volksies was egter net te goed vir Gill en haal hulle almal uit vir 97 lopies. Die beste bouler was Cameron Koopman (links) met 3 paaltjies vir 16 lopies in 5 beurte, terwyl Jaco van Loggerenberg (regs) die beste kolwer met 22 lopies was. Ons wens ons krieketspan baie geluk en hoop die seisoen verloop glad!

OP Tweekamp
Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool is verkies tot die OP Tweekamp-spanne wat die 2de Februarie aan ‘n interprovinsiale tweekamp byeenkoms in Oudtshoorn gaan deelneem. Dit sluit die dissiplines swem en hardloop in. Marlien Crewe- Brown, 0.15 B span, Llewellyn Crewe-Brown, 0.17 A span en Danè Thiart 0.15 Ontwikkelingspan. Baie geluk en baie sterkte!
