Hoër Volkskool het hul jaarlikse kamp aangebied waar die nuwe gr 8 leerlinge van die skool vir twee dae by die skool kamp in ‘n tentedorp. Tydens hierdie kamp doen hul paar spanbou aktiwiteite en leer hul ook meer van die skool, die skool se geskiedenis, tradisies en reëls.

Konsert
By die jaarlikse gr 8 konsert is die nuwe onderwysers by die skool ook nie ontsien nie, en moes hul ook ‘n item lewer. Hul het hul uitstekend van hul taak gekwyt en die leerlinge het uit hul mae gelag vir hul toneelspel. Links: me. Jonkers, mnr Wiid, me. Coetzee, me. Venter en me. Steenkamp op die verhoog besig. Me Steenkamp was ‘n onderwyseres en die res was leerlinge. hul het ‘n gewone dag by die skool uitgebeeld. By die konsert is die sottekoning en die sottekoning aangewys vir die jaar. Hier staan Lynette Truter, sottekoning, en Victor Dercksen, sottekoning,...

Nuwe koshuisouers
Janine het groot geword in Bloemfontein en het ook ‘n rukkie in die platteland gebly, sy het na haar hoërskoolloopbaan in Bloemfontein gestudeer. Sy het aanvanklik ‘n graad in onderwys behaal, maar die sielkunde het haar meer gefassineer. Sy het dus ‘n Honneursgraad in Opvoedkundige Sielkunde behaal en ook hierna haar Meestersgraad in Spelterapie voltooi. Jaco is oorspronklik van Vanwyksvlei in die Nood-Kaap. Hy was in Carnarvon op laerskool, maar het sy hoërskool loopbaan voortgesit by Paarl Boys High in die Paarl. Hy het voorts by Stellenbosch gestudeer, maar die Westelike Provinsie het hom ‘n kontrak aangebied en sy rugbyloopbaan...

Nuwe Onderwysers
Elcarla Jonkers, Brendan Wiid, Chante Coetzee, Sumaritha Steenkamp en Janè Venter. Me. Jonkers kom van Oudtshoorn waar sy by die HTS Morester gematrikuleer het. Sy het haar B.Ed graad voltooi aan die PUK in Ingenieursgrafika en Ontwerp en Besigheidstudies. Sy gaan besigheidstudies by Hoër Volkskool aanbied. Sy gaan baie betrokke wees by die kultuur van die skool. Mnr Wiid kom van Durban waar hy ook sy B.Ed Intermediere tot Senior Fase aan duie Universiteit van KwaZulu Natal voltooi. Hy gaan English First Additional Language gr 8 – 10 aanbied. Hy gaan sy gewig by die hokkie ingooi. Me. Coetzee is...

Matriekuitslae
Hoër Volkskool het baie goeie nuus ontvang 4 Januarie 2019, toe die klas van 2018 se uitslae bekend gemaak is. Ons het ‘n slaagsyfer van 94,2% behaal waarvan 69% van ons leerlinge kwalifiseer vir toelating tot Baccalaureusgraad-kursusse Ons spog met 50 vak A-gemiddeldes. Ons top 5 kandidate is 1: Engeri Fourie met 6 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 85,9%. Haar beste vak was English First Additional Language met 92%. 2: Stephan Lategan met 5 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 81,7%. Sy beste vak was Rekeningkunde met ‘n gemiddeld van 90%. 3: Lara du PLessis met 6 onderskeidings en...

Klas van 2018
Maandag, 26 November, het die Volksie Klas van 2018 offisieël hul skooljare afgesluit met hul laaste vraestel. Nadat hul geskryf het, het hul, net so opgewonde ouers, ‘n erewag voor die deur gestaan om die jong volwassenes te verwelkom in die grootmenswêreld. Die ouers het hul bederf met ‘n glasie sjampanje. Die matrieks het hul harte oopgemaak en hul skoolskoene geskenk wat aan minderbevoorregte kinders in die omliggende areas uitgedeel sal word. Hul het ook al hul skryfbehoeftes geskenk wat aan die NG Kerk gegee is om hul skryfbehoeftesprojek te ondersteun. Baie sterkte aan elke matriekleerling vir die uitslae, ons...

OP Ruiterkuns
Marichen Piek (links) en Zanki Botha, albei leerlinge van Hoër Volkskool, is ingesluit by die Oostelike Provinsiale Ruiterkunsspanne. Driegang: Zanki Botha en Marichen Piek, Vyfgang: Zanki Botha. Hierdie twee ruiters sal in Januarie 2019 aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem te Parys, Suid-Afrika.

Landsdiens Junior Springbok
Liezel Nel, ‘n gr 11 leerling van Hoër Volkskool, is die trotse ontvanger van ‘n Junior Springbok toekenning vir Landsdiens. Sy het verskeie gemeenskapsprojekte geinisieer en is reeds vanaf 2014 ‘n Oos-Kaap verteenwoordiger by die Nasionale Landsdienskampe. Hier staan sy met die Skoolhoof Prestige Toekenning wat sy by die skool se jaarlikse prysuitdeling ontvang het vir hierdie groot prestasie.

Kranslegging
Op die 11de November 2018 was Marichen Piek, hoofmeisie van Hoër Volkskool ,en Ashley Arnolds, onder-hoofseun, by die kranslegging-gedenkdiens by St James Anglican Church. Hul was bevoorreg om hierdie geleentheid by te kon woon, aangesien hierdie jaar die 100ste jaar gevier word sedert die Eerste Wêreldoorlog geëindig het. Dit was n spesiale geleentheid waar almal hulde gebring het aan mense wat hulle lewens opgeoffer het vir ons land. Ons leiers het die voorreg gehad om ook ‘n krans neer te le. Dit was baie spesiaal om te sien hoe dankbaar die ouer mense was om skoliere daar te sien omdat...

Boundless Opedag
Marichen Piek, hoofmeisie van Hoër Volkskool, en Carryn Swart, leerlingraadslid, het Boundless, die beskermde werksplek, se tee en opedag op Saterdag, 10 November 2018 bygewoon. Hierdie tee word aangebied om hul jaarlikse Maand vir Gestremdes te vier. Met hul aankoms is hul vriendelik welkom geheet en bietjie rond gewys oor wat hulle self maak en hoe dinge daar werk. Dit was ‘n ongelooflik ervaring om te sien wat hul met hul hande maak! Die werkers self is ongelooflik trots en gelukkig op hulle werk, ongeag hulle omstandighede. Dit was n onvergeetlike besoek en sal enige iemand aanraai om ‘n draai...
