Totale Klim: 1780m Koste: R400 – CSA Lede R435 – Nie lede van CSA Uithourit ondersteuning, Waterstasies, Karoo Verrassingspakkie
40 Km – Uithourit
Koste: R250 – Lede van CSA R285 – Nie lede van CSA -Uithourit ondersteuning, Waterstasies, Verrassingspakkie
80 Km – Challenge
Ascent: 1780m Price: R400 – CSA members R435 – non CSA members Race Support, Water tables, Karoo Goodie Bag
40 Km – Challenge
Price: R250 – CSA members R285 – non CSA members Race Support, Water tables, Karoo Goodie Bag

Springbokjag – Huis Cronje
Op Vrydag 18 Mei, het Huis Cronje – Hoër Volkskool se koshuis – in samewerking met die hoofborg van die dag, WILD OUTDOORS GRAAFF-REINET, vir die vyfde jaar ‘n baie suksesvolle Springbokjagkompetisie aangebied. Vanjaar is alle verwagtinge oortref met 23 spanne wat deelgeneem het. Die oggend het al die jagters by die VOLKSIE bymekaar gekom waar die hooforganiseerder van die dag Tokkels Lombard al die reëls verduidelik het. Daarna is plase getrek waar hulle sou gaan jag. Elke jagter kon 2 bokke skiet. Vandat ‘n span by die betrokke boer op sy plaas gekom het, het hulle 4 ure gehad...

HVS steakaand
Hoër Volkskool se eerste netbalspan het tydens die April-vakansie deelgeneem aan die Arthur Johnson-sporttoernooi in Mosselbaai. Tydens hierdie toenooi is ‘n span gekies wat gedurende die September-vakansie aan ‘n netbaltoernooi in Engeland gaan deelneem. Twee van Hoër Volkskool se spelers is gekies vir hierdie span, nl. Lykita Koeberg, ‘n gr 11 leerling en Lara du Plessis, ‘n gr 12 leerling van Hoër Volkskool. Ongelukkig is daar baie onkostes verbonde aan so ‘n eer. Om die finansiële las van die ouers te probeer verlig, het ons die suksesvolle steakaand aangebied. Sonder ons borge en die ondersteuning van die gemeenskap, sou hierdie...

HVS vs Andrew Rabie
Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte gemeet teen Andrew Rabie. Die Baainaars het die Winderige stad se wind saamgebring Karoo toe, maar dit het nie ons sportmanne en -vroue afgesit nie. Op die hokkieveld het ons die spel heeltemal oorheers en met ‘n telling van 14 – 0 van die veld afgestap. Die 0.14A netbalspan het ‘n baie goeie dag gehad en wen hul wedstryd 18 – 5 . Die 0.16A span het ook goed opgewarm en met baie geesdrif op die baan gestap. Hul wen hul wedstryd 15 – 5. Die eerste span het hul gereed gemaak vir...

100 keer vir die 1ste Hokkie
Lynette Ittershagen-Strauss het die afgelope naweek vir die 100ste keer vir die eerste hokkiespan van Hoër Volkskool uitgedraf. Sy het in 2015 as ‘n graad 9 leerling haar debuut gemaak tydens die Union High Festival, in Graaff-Reinet. In 2017 is sy verkies as onderkaptein van die span en in 2018 is sy as kaptein aangewys. Wat die oorhanding nog meer spesiaal gemaak het is dat haar ouers en grootouers saam met haar hierdie mylpaal kon vier. Saam met haar op die foto verskyn haar afrigter, Wynand Volschenk, haar ma, Andrea Ittershagen-Strauss, Lynette, haar pa, Stefan en die hoof van Hoer...

Muurbal
Wilke van Zyl is verkies tot die 0.19B OP Muurbalspan wat tydens die Junie-vakansie aan ‘n interprovinsiale toernooi deelneem in die Paarl. Marlien is gekies vir die 0.14A OP Muurbalspan. Sy gaan aan die Interprovinsiale toernooi deelneem wat in Johannesburg aangebied word, ook tydens die Junie-vakansie.