HVS vs Hoërskool Aliwal Noord

HVS vs Hoërskool Aliwal Noord

Hoër Volkskool het die naweek teen Hoërskool Aliwal Noord sport gedoen. Dit was ‘n baie lekker dag en ons skool het baie goed gevaar. Die tellings is as volg:   Rugby: 0.14: verloor 12 – 36 0.15: verloor 17 – 31 0.16 wen 27 – 12 2es wen 57 – 0 eerstes verloor 17 – 22 Hokkie: 0.16 wen 8 – 0 derdes wen 1 – 0 tweedes 1- 1 eerstes 0 – 0   Netbal: 0.14 A: wen 18 – 9 0.14B: 17 – 6 0.16A: wen 19 – 4 0.16B verloor 11-14 tweedes: wen 25 – 10 eerstes...

Opedag

Opedag

Groot opgewondenheid het by Hoër Volkskool geheers toe sewentig graad sewe leerders en ‘n groot groep ouers die Opedag bygewoon het.  Hier is ‘n geleentheid geskep om die skool beter te leer ken op ‘n ontspanne en interessante manier. ‘n Boodskap uit Psalm 8, wat die plek van die mens in die skepping verduidelik, het die verrigtinge begin.  Die skoolhoof het daarna ‘n uitnodiging aan die graad sewes en hulle ouers gerig om Hoër Volkskool hulle keuse te maak.  ‘n Besonderse dansvertoning op die verhoog het almal in die saal meegevoer met klank en ritme.  Die leerlingraad het as modelle...

HVS Hokkie Presteerders

HVS Hokkie Presteerders

Die volgende hokkiespelers van Hoër Volkskool is verkies tot ‘n OP span. Hulle sal OP verteenwoordig in hul onderskeie interprovinsiale toernooie en streekstoernooie wat tydens die Junie-vakansie sal plaasvind in Oos-Londen en Pietermaritzburg. Mnr Wynand Volschenk, die eerstespan hokkie-afrigter by Hoër Volkskool, is aangewys as die afrigter van die 0.14C OP-span. Foto VLNR: Lynette Itterhagen-Strauss: OP 0.18 B, Logan Ludick: OP 0.16 B, Inke van der Merwe: OP 0.14C,  Marlien Crewe-Brown : OP 0.14C,  en Marlie van der Merwe : OP 0.14C. Inke is gekies as deel van die Griekwa-span wat gaan deelneem aan die Bokkie-week, in Kimberley, ook tydens...

Nasionale Tweekamp kampioenskappe

Nasionale Tweekamp kampioenskappe

Die 2018 Suid Afrikaanse Nasionale Tweekamp kampioenskappe was gehou te Pretoria op die laaste dag van Maart. Daar was ‘n rekord getal deelnemers en die stadiums was gepak met toeskouers en belangstellendes. Die verrigtinge het al die Vrydag afgeskop met die openings seremonie en verbymars. Van die meer ervare atlete het sommer van die tyd gebruik gemaak om die fasiliteite uit te toets en n paar rondtes om die baan af te le. Daar was verskeie atlete van Graaff Reinet wat gekwalifiseer het om aan die byeenkoms deel te neem. Onder andere was twee atlete van Volkskool naamlik Llewellyn en...

Oud HVS leerder presteer

Oud HVS leerder presteer

Karisma Calitz, ‘n oud-leerling van Hoër Volkskool,  het haar BA Honneurs (HMS:Biokinetika) graad voltooi. Sy het die graad met cum laude behaal. Sy was ook benoem as die beste akademiese presteerder deur BASA (Biokinetics Association of SA). Op die oomblik voltooi sy haar internskap jaar (tot Des 2018) by Da Gama mediese sentrum in Mosselbaai waarna sy as biokinetikus kan registreer. Sy sal graag eendag haar eie praktyk wil besit, maar sal eers al haar opsies vir volgende jaar goed uitkyk.

Hoër Volkskool gaan G(ma)roen!!

Hoër Volkskool gaan G(ma)roen!!

Hoër Volkskool is nou offisieël ‘n groen skool.  Hoër Volkskool herwin al vir ‘n geruime tyd, maar nou gaan ons dit op grootskaal begin doen.  Hierdie projek maak deel uit van die gr 10’s se lewensoriëntering projek. Hulle maak die dromme self skoon en gaan help ook om die trokke te laai. Op die foto verskyn die gr10 leerlingraadslede, met ons nuwe herwinningsdromme wat in elke klas beskikbaar is. Vlnr: Wayde Minnaar, Dieter Bertram, Emile Bosch en Labre Oosthuizen.

Ruiterkuns

Ruiterkuns

Drie leerlinge van Hoër Volkskool het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe by die Bloemskou 24 – 28 April 2018. Weereens druk Hoer Volkskool hul stempel af op Ruiterkuns in SUid-Afrika. Die ruiters neem deel aan uitdunne vir die kampioen van Kampioene, wat ‘n glansgeleentheid is waar die top 8 ruiters 18 jaar en jonger teen mekaar deelneem. Zileke de Jager word gekies vir die top 8 5-Gang finaal en behaal ‘n algehele sewende plek in die finaal. Zankie Botha dring deur na die top 8 in die 3-Gang finaal waar sy ook in die sewende plek eindig. In die...

Hokkie

Hokkie

‘n Hokkiespeelster van Hoër Volkskool, Chloe Stannard, is tydens die afgelope hokkietoernooi in Bloemfontein, ingesluit by o.14 die Elsie Coetzerhokkiegroep. Hierdie groep gaan tydens die Septembervakansie Holland toe toer om daar aan ‘n hokkietoernooi deel te neem. Ons is baie trots op Chloe!

Ooskaap Netbal

Ooskaap Netbal

Maryna Nel, Marichen Piek, Lara du Plessis en Lykita Koeberg is na afloop van die afgelope rondtes netbalproewe gekies om die Oos-Kaap te verteenwoordig. Hul is gekies vir die 0.18 span wat tydens die Junie-vakansie aan ‘n interprovinsiale toernooi te Boksburg gaan deelneem. Dit is ‘n dubbele eer vir ons skool, nadat Lara en Lykita tydens die April-vakansie gekies is vir die Arthur Johnson span wat tydens die Septembervakansie na die Verenigde Koninkryk gaan toer, ook vir hul netbaltalent.

Redenaars

Redenaars

Hoër Volkskool het ons interne redenaarskompetisie aangebied. Na ‘n baie taai stryd tussen die sprekers het Astrid Langeveldt tweede geëindig in die juniors afdeling terwyl Carlin Jansen tweede geëinndig het in die senior afdeling. Die wenners was Justin Gafoor (Seniors) en Annelie Pieterse (Juniors)