Hoër Volkskool het die swemseisoen op ‘n baie hoë noot afgesluit. Ons top swemmers het deelgeneem aan die top 8 gala, vlak 1, 2 en 3 gala’s. Die top 8 swemmers Swemmers wat aan die top 8 gala deelneem, moes aan B-groep gala’s gedurende die seisoen deelneem, waar die top 8 swemmers dan gekies word om aan die gala te kan deelneem. Hoër volkskool het altesaam vyf swemmers wat vir hierdie geleentheid gekwalifiseer het. Uitslae: Marlien Crewe-Brown: Silwer 50m Vlinderslag, Goud 50m rugslag, silwer 100m Vryslag, goud 50m borsslag brons 100m rugslag en brons 50m Vryslag Dane Thiart: Brons 50m...

Erekleure
Die volgende leerlinge het na afloop van die somersportseisoen gekwalifiseer vir erekleure in hul verskillende dissiplines: Zileke de Jager (Ruiterkuns), Zankie Botha (Ruiterkuns), Llewellyn Crewe-Brown (Swem) Sherwin van Staaden (Atletiek) en Alwyn van der Merwe (Tennis) afwesig: Rianco vermeulen (Swem).

Akademie – Top klasposisies
Na afloop van die afgelope kwartaal se toetsreeks, is die volgende leerlinge aangewys as die nommer 1 in hul graad vir akademie: Annika Fitzgerald (Gr9), Chloe Stannard (Gr8), Pierre van der Merwe (gr11), Juryna Fourie ( gr10) en Engeri Fourie (gr12).

SA Atletiek-kampioenskappe
Shirwan van Staden het hierdie jaar ‘n besondere prestasie behaal deur aan twee Suid Afrikaanse Kampioenskapsbyeenkomste deel te neem. Hierdie uitstaande Hoër Volkskool atleet het goed presteer teen die beste atlete in ons land. Shirwan het deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe (5 – 7 April 2018) in die Paarl. Hy het in die 100m en 200m vir O/20 mans deurgedring tot die halfeindrondtes. In albei hierdie wedlope het hy die negende vinnigste tye aangeteken. Hy het ook in Potchefstroom aan die Suid Afrikaanse Skole Kampioenskappe (21 – 24 Maart 2018) deelgeneem. Hier het hy in die 200m S/19...

DBV Uitreik
Hoër Volkskool het die kwartaal goed afgesluit. Van ons leerlingraadslede het elkeen ‘n leiband saamgeneem na die DBV en met die honde daar gaan stap en bietjie met hulle gespeel. Die leerlinge kon nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde die honde was oor die aandag wat hul gekry het nie! Graag doen ons dan ‘n beroep op elke lid van ons gemeenskap om ‘n verskil te maak en een van die honde aan te neem. Hiermee wil ons vir Montego ook baie dankie sê vir die sak hondekos wat hul geskenk het wat die skool aan die DBV oorhandig het....

HVS Oscar-aand
Verlede week het Hoer Volkskool die twee-jaarlikse Oscar-aand aangebied. Die aand is ‘n hoogtepunt op ons skool se kalender waar leerlinge pryse wen vir onder andere die meisie met die mooiste bene, die trouman in die skool en ook glanspaartjies wat verseker gaan trou! Die hoogtepunt van die aand is wanneer die onderwysers hul verskyning op die verhoog maak met toekennings soos Die stylvolste juffrou en die Sportman van die Jaar. Die saal het asemrowend gelyk en die atmosfeer was elektries met die aankondiging van elke prys. Foto vanaf links: Tinica Grassman, Annelou van der Mescht, Zileke de Jager, Lynette...

Vlak 1 en Top 8 Gala
Sewe van Hoer Volkskool se swemmers het aan die Vlak 1 gala en die uitnodigingsgala, die Top 8 gala in Port-Elizabeth deelgeneem. Almal het baie goed gevaar en goeie tye geswem. By die vlak 1 gala het Emile Blignaut, Nico Coetzee, PJ de Goede, Dane Thiart en Owen Thiart deelgeneem. Emile Blignaut het ‘n algehele derde plek vir 50m Borslag behaal. PJ de Goede het algehele tweede plekke behaal in die 50m borsslag, 100m vryslag en die 100m borsslag items. Dane Thiart was die hen onder die hane en behaal derde plekke in haar 50m Vlinderslag, 50m Vryslag, 100m vryslag...

NASP-Interskole boogskiet
Saterdag 17 Maart 2018 Uitstekende weer, uitstekende gees, uitstekende kompetisie. 43 Kinders van die westelike deel van die Oos-Kaap het aan die NASP-Interskole boogskiet kom deelneem. Die kompetisie was straf en die die punte toon dat hierdie kinders hard werk om goeie resultate te behaal. In die individuele items is die volgende behaal: 3D JUN GIRL SKOOL 1 Anna Bouwer J F 159 UHS 3D JUN BOY 1 Casper Bekker J M 252 LVS 2 Heyn-Carlo Smith J M 247 HELPMEKAAR 3 Freddie van der Mescht J M 221 LVS 3D SEN GIRL 1 Zileke de Jager S F 265...

Besigheidstudies-klas besoek Montego
Die Graad 11 Besigheidstudies klas het laas week Donderdag vir Montego besoek. Die klas het meer geleer oor die Sekondêre sektor en bestuur van die besigheid. Die leerders was veral beïndruk met hoe so groot maatskappy familie waardes inkorporeer. Die klas bedank vir oom Wilfred van der Merwe vir sy uitstekende toer en les oor die tennisbal. Dankie ook aan Montego wat dit moontlik gemaak het en ook vir alles wat julle vir die dorp en ons skool doen.

Debatfees tydens Woordfees te Stellenbosch
12 leerders van Hoër Volskool het op 10 Maart 2018 deelgeneem aan die Debatfees tydens die Woordfees op Stellenbosch. Die vier spanne van drie leerders elk is ingedeel in die Harde Koejawels en Ou Hande – kategorieë. Hoër Volkskool het teen spanne van Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Belville, Paul Roos, Paarl Gim, Jan van Riebeeck, Bloemhof, Stellenberg, D.F. Malan en Swartland deelgeneem. Hoër Volkskool is trots op ons spanne wat hulle baie goed van hulle taak gekwyt het! Die debatleerders is: (foto ry 4 – agter) : Justin Gafoor, Celine Kirstein. (foto ry 3) : Jana Wagener, Luan Nel, Stephan...
