Oos-Kaap Hoërskole Atletiek

Oos-Kaap Hoërskole Atletiek

Die room van Oos Kaap se Hoërskool atlete het van 6 tot 9 Maart 2018 op NMU se baan in Port Elizabeth meegeding.  Baie goeie prestasies is gelewer wat goeie uitslae vir die provinsie voorspel by die SA Hoërskole Kampioenskappe in Potchefstroom. Shirwen van Staden, spogatleet van Hoër Volkskool, was een van die uitblinkers van die byeenkoms.  Hy verower twee goue medaljes in die seuns O/19 afdeling.  Hy wen die 100m in ‘n baie vinnige 10,4 sekonde.  Sy wentyd in die 200m was 21,99 sekonde.  In die dogters O/15 afdeling het Marni van der Merwe twee medaljes gewen.  Sy wen...

Landsdiens is lekker!

Landsdiens is lekker!

Vrydag 2 Maart 2018 het ‘n vrolike groep Hoër Volkskool Landsdieners na Skietfontein vertrek op die jaarlikse takkamp. Landsdiens staan stewig op vier pilare, nl. Liefde vir God, medemens, arbeid en die natuur.  Tydens kampe word tyd ingeruim vir aktiwiteite rondom elk van hierdie pilare. Gewapen met grawe, pikke en ‘n koevoet of twee is voorbereidings getref vir die plant van spekbosse – een per persoon.  Die Karoo son was genadig en verskuil agter ‘n digte wolkbank.  Onkruid is ook in die rivier verwyder en vernietig. ‘n Gebedsroete is gebou.  Bosse is teruggekap en klippe aangedra en gepak om die...

KarooGala – HVS

KarooGala – HVS

Verlede week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala aangebied by ons swembad. Die opkoms was baie groot, mense het gery van so ver as Fort Beaufort om aan hierdie gala deel te neem. Skole wat meegeding het om die trofee was Union Schools, Volkskole, Cradock Hoër en Laerskool, Gill Primary en Gill College, Hoër Landbouskool Winterberg, Yellowwoods Primary School en Hoër Landbouskool Marlow. Die kompetisie was baie straf en slegs een rekord is verbeter in die hoërskole afdeling. Hierdie rekord is deur Marlien Crewe-Brown verbeter, vir die Individuele Wisselslag, dogters 0.14. Hoër Volkskool het baie goed gevaar. Die seuns het...

Sarah Baartman Atletiek

Sarah Baartman Atletiek

Die beste Hoërskoolatlete van die Sarah Baartman Mega Distrik het op die Westbourne Ovaal kragte gemeet.  Mooi weer het in die middag plek gemaak vir ‘n donderstorm wat die byeenkoms vir ‘n halfuur tot stilstand gebring het.  Twintig atlete van Hoër Volkskool het deelgeneem en die volgende mooi prestasies behaal: Annelie Viljoen 1ste diskus D/14 17.10m Marion de Boer 1ste 800m D/15 2:35.19sek 1ste 1500m D/15 5:20.84sek Marni van der Merwe 1ste 100m D/15 12.75sek 1ste 200m D/15 27.12sek Dané Thiart 2de gewigstoot D/15 9.74m Caryn Swartz 2de 100m D/17 13.19sek 2de 200m D/17 27.91sek 3de verspring D/17 4.95sek Fransene...

Interskole swem

Interskole swem

Verlede week het Union Schools die jaarlikse Interskole tussen die Volkskole en Union aangebied by Hoër Volkskool se binnenshuise swembad. Die gala is baie goed ondersteun deur groot getalle deelname, baie ouers en ander ondersteuners wat bygedra het tot diè suksesvolle byeenkoms. Marlien Crewe-Brown en haar boetie, Llewellyn, albei swemmers van Hoër Volkskool, het twee nuwe toekennings, geborg deur Aquabear Graaff-Reinet, nl. senior Victrix en Victor Ludorum, gewen. Hul moes egter hard werk vir die toekennings en elkeen het buitengoewone goeie prestasies behaal. Llewellyn het aan ses items deelgeneem en vier rekords verbeter. Hy het eerste gekom in die 100m...

Tennistoernooi – Bredasdorp

Tennistoernooi – Bredasdorp

Hoër Volkskool se tennisspelers het weer hierdie jaar aan die Tennis-vir-Jesus toernooi te Bredasdorp deelgeneem. Die eerste rondte het hul wedstryde in hul groep gespeel, waar hul vir Hoerskool Dirkie Uys 23 -22 gewen het, en vir Auxburg Landbouskool 35-10 gewen het. Met al die punte wat hul bymekaar gemaak het, het hul eerste in hul groep geeindig. Daarna het hul deurgedring na die Semi-finale en teen Hoerskool Durbanville te staan gekom. Ongelukkig het hul hierdie wedstryd verloor en moes uitspeel vir derde en vierde plekke teen Hoërskool Belville. Hul wen die wedstryd gemaklik met 31-18 en bring toe die...

Danseksamen

Danseksamen

Linda Lötter het deelgeneem aan die Association of International Dance Teachers se danseksamen en voltooi haar “Preliminary Junior Modern Exam’ met Lof. Linda is ‘n Graad 11 leerling aan Hoër Volkskool.

Rivermile

Rivermile

Die afgelope naweek het Hoër Volkskool weer aan die Rivermile te Cannonville deelgeneem. Hierdie jaar het twee onderwysers van die skool ook ingespring. Almal het baie goed gevaar, en weggestap met ‘n medalje. Llewellyn Crewe-Brown het egter baie goed gedoen. Hy het die myl in 22 minute voltooi, minder as 2 minute na die wenner. Hy behaal ‘n algehele 14de plek uit 350 deelnemers. Ons is baie trots op hom. Foto: mev van Wyk, Marlien Crewe-Brown, Lynette Ittershagen-Strauss, Llewellyn Crewe-Brown, Rianco Vermeulen, Emile Blignaut, Ben van der Merwe en Mnr Ittershagen-Strauss.

Boogskiet

Boogskiet

Skole van Oos-Londen, Port Alfred, Port Elizabeth en Graaff-Reinet het in die bullseye en 3D kompetisies meegeding by Port Alfred Hoërskool. In die BULLSEYE kompetisie het Volkskool ‘n 1ste span posisie behaal met ‘n totaal van 2954 en die tweede plek is deur PAHS ingeneem met 2626. Met 3D kompetisie was daar nie genoeg span inskrywings nie. Die volgende medaljes is deur HVS verower: Seuns afdeling: Brons Bullseye Jaco van Loggerenberg Seuns afdeling:  Silwer 3D Casper Bekker Dogters afdeling: Bullseye Brons en 3D Goud Juryna Fourie – verower ook die trofee vir beste dogters skut.   Die tellings vir Volkskool...

Karoo Hoërskole Atletiek

Karoo Hoërskole Atletiek

Atlete van Graaff- Reinet, Aberdeen, Willowmore, Steytlerville, Jansenville, Somerset Oos, en Pearston het aan die byeenkoms deelgeneem.  Die atlete van Hoër Volkskool het een en dertig eerste plekke, soos volg, behaal: Shirwan van Staden 100m S/19 10.84sek 200m S/19 22.63sek Lafras van Rooyen diskus S/19 34.60m Elandré Fourie spiesgooi S/19 27.97m Roshaan Jaftha verspring D/19 4.53m Tinica Grassman gewigstoot D/19 8.22m Jay-Dee Jooste hoogspring S/17 1.85m; verspring S/17 6.29m; driesprong S/17 12.90m Chris Burger spiesgooi S/17 48.87m Rianco Vermeulen diskus S/17 24.30m Cara Leonard diskus D/17 25.50m Caryn Swartz 100m D/17 13.53sek verspring D/17 4.56m Lykita Koeberg spiesgooi D/17 25.47m Francois van...