HVS Kleuregala

HVS Kleuregala

Hoër Volkskool het verlede week ons jaarlikse kleuregala aangebied en dit was weereens ‘n baie groot sukses. ‘n Hele paar rekords is verbeter. Llewellyn Crewe-Brown en sy jonger sussie, Marlien Crewe-Brown het met die titels as Victor en Victrix Ludorum van die dag weggestap. Llewelyn het aan sewe items deelgeneem en al sewe se rekords verbeter. Marlien, ‘n graad 8 leerder aan diè skool, het ook drie rekords verbeter. Daar was egter baie goeie kompetisie vir hierdie twee swemmers en hul moes hard werk om bo uit te kom. Llewellyn Crewe-Brown verbeter die volgende rekords: 200m Individuele Wisselslag met drie...

ATKV Volksmond Jeugtak

ATKV Volksmond Jeugtak

Die nuwe bestuur vir 2018 verskyn hier saam met mnr. Gertjan Holtzhausen van Bloemfontein, ATKV Streeksbestuurder. Op die foto verskyn Annelou van der Mescht (Voorsitter), Megan Nel (Fotograaf), Justin Gafoor (Ondervoorsitter), Annelize van Gent (sekretaris), Renier Kemp (addisionele lid), Caitlin du Preez (tesourier), Gideon Muller (Klankman) en mnr. Gertjan Holtzhausen. Baie geluk en voorspoed aan die bestuur van 2018.  Mag julle ‘n baie suksesvolle jaar vol pret beleef!

OP Platteland Tennis

OP Platteland Tennis

Dehana van der Merwe (0.18),  Inke van der Merwe (0.14), Dane Thiart (0.16), Lliam van Heerden (0.14) en Petri van der Merwe (0.14) is gekies vir die OP Platteland tennisspan. Hierdie leerders presteer baie goed in hul tennis en kan verseker dopgehou word!

‘n Nuwe Tradisie

‘n Nuwe Tradisie

Hoër Volkskool het ‘n nuwe tradisie begin waar die nuwe graad 8’s tydens ‘n saalseremonie hul baadjies mag begin dra. Die graad 8’s lê ‘n belofte af, waarna hul dan hul baadjies met trots mag dra. Elkeen het ook ‘n lapelwapen gekry as teken dat hul nou ware Volksies is. Op die eerste foto luister hul na die belofte wat vir hul voorgelees word, op die foto links, word hul lapelwapens uitgedeel.

Kleure Atletiek

Kleure Atletiek

Koue weer het nie die geesdrif by Hoër Volkskool se Kleure Atletiekbyeenkoms gedemp nie.  Sterk kompetisie in sekere items het gesorg vir opwinding en goeie prestasies.  Vyf byeenkomsrekords het in die slag gebly. Die byeenkomsrekords wat verbeter is was soos volg: Marion de Boer 1500m D/15 – 5:24,95 sek Dané Thiart Gewigstoot D/15 – 9,85 meter Anke vd Westhuizen 3000m D/16 – 14:50,53 sek Tiane Lombard Gewigstoot D/16 – 10,43 meter Sherwin van Staden 100m S/19 – 10,80 sek   Werda het vir Handhaaf in die spankompetisie gewen. Die bekerwenners was soos volg: Volksiebeker- vinnigste 100m – Sherwin van Staden...

B-Groep Gala

B-Groep Gala

Marlien Crewe-Brown, Danè Thiart,  Llewellyn Crewe_Brown, Emile Blignaut  en Marni van der Merwe het aan die derde B-groep gala deelgeneem in Port-Elizabeth en die volgende plekke behaal: Marlien behaal ‘n tweede plek in die dogters 14 jaar. Dane neem in dieslefde ouderdomsgroep deel en behaal ‘n vierde plek vir vlinderslag, ‘n vierde plek vir Borsslag en ‘n derde plek in kruipslag.  Llewellyn neem deel in die 15 jaar en ouer kategorie en behaal ‘n algehele tweede plek. Emile neem ook deel in die 15 jaar en ouer kategorie en behaal ‘n sewende plek vir 50m rugslag, ‘n sewende plek in...

HVS blink uit by Tweekamp

HVS blink uit by Tweekamp

Saterdag die 3rde Februarie was die jaarlikse Highgate Interprovinsiale Tweekamp kompetisie te Oudtshoorn. Hierdie Interprovinsiale byeenkoms is die tweede grootste in die land, met net die Suid Afrikaanse kampioenskappe wat meer atlete trek. 521 top atlete het hul provinsies verteenwoordig op beide die tartan baan en die Olimpiese swembad. Die OPspan was baie kompeterend en het pro rata die meeste medaljes en top 10 plekke verower. Een van die jongste deelnemers was Mia Botha van Laer Volkskool wat in die o.8 ouderdomsgroep deelgeneem het. Dit was haar eerste Interprovinsiale deelname en sy het die opwinding en kompetisie baie geniet. Die...

Nuwe Onderwysers

Nuwe Onderwysers

Corle Ferreira, Erwin Ittershagen-Strauss en Christi Potgieter is drie nuwe aanstellings by Hoër Volkskool. Corle Ferreira het 2012 aan Gill College te Somerset-Oos gematrikuleer. Sy het daarna Sportwetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat studeer, met swem en swemafrigting as haar spesialiteit. Sy wil baie graag swem by Volkskool bevorder. Erwin Ittershagen-Strauss is ‘n ou bekende in die dorp. Hy het in 2014 sy skoolloopbaan voltooi by Hoër Volkskool.  Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch ‘n graad in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe voltooi en is huidiglik besig met ‘n ‘Advances Diploma in Teaching” aan die Noord-Wes Universiteit. Hy bied gr...

Erekleure Toekennings

Erekleure Toekennings

Die volgende leerlinge het na afloop van 2017 gekwalifiseer vir erekleure. Om vir erekleure te kwalifiseer moet ‘n leerling voldoen aan hoë vereistes of buitengewone goeie prestasies behaal. Foto: Agter vlnr: Pierre van der Merwe (Akademie Gr 10), Emile Blignaut (Kultuur), Lara du Plessis (Akademie Gr 11) , Stephan Lategan (Akademie Gr 11) , Maryna Nell (NEtbal) Linda Lötter (Netbal), Justin Gafoor (Akademie Gr 11) Theodor Dörfling (Kultuur) , Megan Nel (Kultuur) . Voor: Labre Oosthuizen (Kultuur) , Fransene Joubert (Kultuur) , Engeri Fourie (Akademie Gr 11) , Jana Wagener (Akademie Gr 11) ,  Annelou van der Mescht (Akademie Gr...