Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Oakdale Rugby Resultate
Artikel

Oakdale Rugby Resultate

Baie geluk aan Volkskool met die fantastiese uitslae by die Oakdale Rugby Fees wat die naweek plaasgevind het! Ons is ongelooflik trots op julle!

Hokkie
Artikel

Hokkie

Vandag was die laaste dag van die jaarlikse Union High School Senior Hokkietoernooi. Hoër Volkskool het die besige naweek afgesluit en teen Victoria Girls gespeel. Ons het op ‘n hoogtepunt geëindig en 3-2 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald, Anishka Luiters en Jani van der Merwe aangeteken. Die span het algeheel vyfde uit 17 spanne...

Rugby
Artikel

Rugby

Sondagaand het van die spelers wat aan die Klein Karoo Saadproduksierugbyweek by Landbouskool Oakdale, deelgeneem het, tydens ‘n prysuitdeling, vir hul goeie spel erkenning gekry. Zak Wolfaardt van HVS is as die nr. 7 (flank) vir die Klein Karoo Saadproduksie XV-span aangewys. Baie geluk, Zak. Volg die skakel vir meer inligting:

Swem
Artikel

Swem

Kate-Lynn Kruger, graad 9-swemmer van Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 24 Maart 2024 aan die SA Vlak 3 “Regional Age Group Championships” swemgala deelgeneem. Die gala is by die Joan Harrison Swembad te Oos-Londen aangebied.Sy het medaljes in elkeen van die ses items waaraan sy deelgeneem het, verower. ‘n Uitstekende prestasie! Sy het ’n...

Hokkie
Artikel

Hokkie

Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het vandag teen Hoërskool Framesby te staan gekom en gelykop 0-0 gespeel. Ons het later teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn gespeel en 2-0 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald en Anishka Luiters aangeteken. Die span speel Sondagoggend om 09:00 teen Victoria Girls High op Union se veld. Baie geluk aan...

Hokkie
Artikel

Hokkie

HVS se eerste hokkiespan neem die naweek aan die Union High Hockey Festival deel. Hul het vanoggend hul eerste wedstryd op Hoër Volkskool se astro hokkieveld teen Hoërskool Burgersdorp gespeel en wen die wedstryd 3-0. Doele is deur Marlie Nel, Shana-Leigh Lange en Deirdré Alberts aangeteken. Hul het hul tweede wedstryd teen DSG gespeel en...

Deelname tydens die vakansie
Artikel

Deelname tydens die vakansie

Leerders wat tydens die vakansie aan sport deelneem: Atletiek: SA Kampioenskappe Vincent Pienaar, 3 – 6 April te Paarl Swem Vlak 3 Kate-Lynn Kruger, 21- 24 Maart te Oos-Londen Swem Vlak 2 Chris de Wet en Charl Conradie, 26 – 28 Maart te Oudtshoorn Tweekamp: SA Kampioenskap Hannes van der Merwe, 29 – 30 Maart...

Skoolhoof
Artikel

Skoolhoof

Die vakante pos is in die skoolhoof bulletin geadverteer: Posnommer: Vol 1 van 2024/187Sluitingsdatum: 19 April 2024

Hokkieproewe
Artikel

Hokkieproewe

Na afloop van die eerste rondte hokkieproewe, het die volgende leerders na die volgende rondte proewe wat in Gherberha gaan plaasvind, deurgedring: o.14Deirdre Alberts o.16Kate-Lynn KrugerCara NelMienke Janse van RensburgMarlie NelAlicia Louw o.18Jani van der MerweZanri GroenewaldLisa Steynberg Ons hou duimvas! Foto: eerste hokkiespan tydens die eerste rondte proewe

Boogskiet
Artikel

Boogskiet

Soul Point Archery Club Die bussie het vroeg môre op 16 Maart 2023 na Jeffreysbaai vertrek, om betyds by die kompetisie te wees, wat by die Global Leadership Academy gehou is. Met die eerste rondte het die wind reeds baie sterk gewaai. Die vinnige optrede deur al die deelnemers, kon die baan se uitleg omgedraai...