Die o.16 A hokkiespan van HVS het ‘n baie goeie hokkieseisoen beleef. Hulle het 23 wedstryde gespeel waarvan hulle 19 gewen het. Tydens die wedstryde is 66 doele aangeteken. Die kersie op die koek was die pragtige wedstryd wat hulle teen Union High School tydens interskole gespeel het en met 2 – 0 gewen het....
Kategorie: Nuusberigte
Boogskiet
Tydens die Septembervakansie word daar twee groot toernooie aangebied in Boogskiet. Die eerste toernooi is ‘n Interprovinsiale toernooi wat gevolg deur ‘n interskole toernooi. Hierdie toernooie vind albei plaas in Emalalheni, Witbank Hoër Volkskool word baie goed verteenwoordig in die Oos-Kaap HOërskole B-Span met die volgende skuts wat in die span ingesluit is: Agter: Lieben...
1954 KLAS REÜNIE
Na vyf jaar het die destydse matriekklas van 1954 van Hoër Volkskool weereens byeengekom gedurende die Interskole naweek. Groot opwinding het geheers met die aankoms by hulle alma mater en die funksie Donderdagaand is terdeë geniet. Prof Christo Viljoen was ‘n gasspreker tydens die saalbyeenkoms Vrydagoggend, 9 Augustus. Vrydagaand is gesellig deurgebring met Mev Carin...
VCSV
Die naweek van 16 Augustus het Wian Vos ‘n kringleierskamp vir al die kringleiers van 2019-2020 jaar aangebied. “Lewensveranderend” is soos een van die kringleiers dit opgesom het. Hulle het meer oor hulself geleer, baie oor God uit Sy woord geleer en is toegerus om die vuur wat in hulle brand ook met ander te deel. ...
Karoo Eistedfodd
Agter: Kaylene September (Groepdans Silwer), Bianca Naude (Sang Goud), Petrone Fourie (Spraak en drama goud, dubbel goud en trippel goud), Annelie Viljoen (Spraak en drama, Trippel goud) Chantel van der Nest (Sang, Dubbelgoud), Chante Bosch (Groepdans Goud) Voor Romenischia Stoffels (Groepdans Silwer) Casey-Lee Ali (Groepdans Silwer)Tamaryn-Lee Cross ( Sang twee items, albei dubbelgoud, asook groepdans Goud)...
Interskole 2019
Hoër Volkskool het die rugby-en hokkieseisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit in 2019. Met die jaarliske interskole tussen die Volkskole en die Union-skole in Graaff-Reinet, was daar ‘n paar uitslae wat die oë laat rek het. Met Union se 100ste verjaarsdag vieringe, was diè skool die gunstelinge op elke gebied. Volkskool het egter hul nie van...
WOW Spelfees
Die volgende leerlinge het deelgeneem aan die jaarlikse WOW-spelfees wat aangebied is by Spandau Sekondêre Skool in Graaff-Reinet. Agter: Chantelle du Preez, Jeffson Arends, Danielle Grobler, Zenke Enslin, Ruan Deysel, Annelie Pieterse, Shamika van Rooyen, Marolene Lomberg, Chandler Prins, Waydan Lodewyk Voor: Helouise van Loggerenberg, Annika Fitzgerald, Reme Vorster, Crusadia Briesies, Denovan Hoffman, Jana Muller,...
Wiskundige Geletterheid Olimpiade
Van Hoër Volkskool se leerlinge het die jaarlikse Wiskundige Geletterdheid Olimpiade afgelê. Emile Blignaut behaal ‘n brons sertifkaat, terwyl Inge Jansen en Chantelle du Preez elkeen ‘n silwer sertifikaat verower. VLNR: Emile Blignaut, Inge Jansen en Chantelle du Preez
67 min vir Mandela
Elke jaar op die 18 Julie gee mense 67 min van hul tyd vir Mandela. Hierdie jaar was nie anders vir Hoër Volkskool se leerlinge nie. Ons het, in samewerking met Montego Pet Nutrition, ‘n oop stuk veld in die dorp help skoonmaak. Gewapen met handskoene en ‘n sak, het die leerlinge die veld ingevaar....
ATKV
Hoër Volkskool se ATKV Jeugtak, die Volksmond, presteer uitstekend. Tydens ‘n ATKV Algemene Jaarvergadering te Klein Kariba, het Jorinda Gouws, tesourier van die Volksmondtak, Hoër Volkskool verteenwoordig. Hierdie vergadering word bygewoon deur verteenwoordeigers regoor die land, insluitende Namibië. Dee hooftema van die vergadering hierdie jaar was om saam te staan om ons Huistaal, geboortetaal voort...









