Chris van Heerden het by die afgelope Interprovinsiale Rugbyweek in Reitz die toekennings ingeryg. Hy is aangewys as die Beste Nr 5 speler van die week asook die Speler van die wedstryd teen die Vrystaat Arende. Hy wen ‘n trofee vir die voorspele van die week. Die Sharks Akademie het ‘n kontrak met hom gesluit...
Kategorie: Nuusberigte
Erekleure
Elke jaar vereer ons die Volksies wat buitengewoon presteer het op sportgebied. Hierdie jaar is geen uitsondering nie. ‘n Groot groep Volksies het die skool op Provinsiale vlak verteenwoordig op verskillende gebiede. Foto: Voor vlnr: Elrico Prins (rugby), Cara Leonard (Hokkie), Logan Ludick (Hokkie), Caryn Swartz (Netbal), Lykita Koeberg (Netbal), Marlie0n Crewe-Brown (Muurbal), Ruben van...
Akademiese Top 10
Na afloop van die afgelope Junie eksamen, is die slimkoppe van elke graad vereer. Die top 10 opresteerders van elke graad is aangewys en die volgende leerlinge is nr 1 in hul onderskeie grade: Vlnr Zenke Enslin (Gr 8), Chloe Stannard (Gr 9) Pierre van der MErwe (gr 12), Karen van der Berg (gr 11)...
Skoolhoof van Hoër Volkskool
Theo Dörfling is as skoolhoof van Hoër Volkskool vanaf 01 Julie 2019 aangestel. Hy het as waarnemende hoof opgetree na die aftrede van Hennie van Rooyen aan die einde van 2018. Theo het sy loopbaan as onderwyser in 1990 by die Hoërskool Knysna begin. Hy beskou die verskeidenheid van leerders wat hy daar onderrig het...
100 Hokkie
Liezel Nel het haar 100ste wedstryd in die eerste span vir Hoër Volkskool gespeel. Die span was tydens die Junie-vakansie op toer na Grahamstad, waar hul teen onder andere DSG gespeel het. Sy speel al in die eerste span vanaf Gr 10. Dit was vir my ‘n groot voorreg om met hierdie mylpaal op die...
Silhouetskiet
Gedurende die afgelope vakansie het Hoër Volkskool se skuts aan die OP Kampioenskappe gaan deelneem. Almal goeie uitslae behaal en ook waardevolle ondervinding opgedoen. In besonder het Anke van der Westhuizen ses rekords opgestel. 3 van die rekords was selfs in die senior klas waar Anke slegs as o/20 deelneem Foto: vlnr: Tarien van...
NASP Boogskiet
NASP BOOGSKIET Saterdag 13 Julie het boogskutters van Port Elizabeth kom deelneem aan die Hoër Volkskool interskole boogskiet wedstryd. 43 skuts het deelgeneem Die wenners van die afdelings is as volg: Tellings is uit 300 Primary Girls Bullseye Z Samdaan 223 A Vorster 168 Primary Girls 3D Z Samdaan 170 A Vorster 94 Primary...
OP Hokkie
Cara Leonard, ‘n Gr 12 leerling aan Hoër Volkskool, het tydens die Junie-vakansie aan ‘n Interprovinsiale Hokkietoernooi in Pietermaritzburg deelgeneem. Sy was deel van die Oostelike Provinsie se 0.18B span. Hul het ‘n hele paar wedstryde gespeel. Haar span het baie goed gespeel en het aan die einde van die toernooi met die silwer medalje...
Oudskoliere proefstudente
Hoër Volkskool is bevoorreg om die derde kwartaal met drie oudskoliere aanboord, af te skop. Al drie is proefstudente, wat as deel van hul graad, proef by hul onderskeie vakke by die skool. Elmene Killian, matrikuleer in 2018 en studeer tans B.Ed (Senior en VOO fase) deur NWU Potchefstroomkampus, as afstandsonderrigstudent. Haar hoofvakke is Engels...
Volksie rugby sterre
Tydens die Junie-vakansie het Chris van Heerden en Ruben van der Merwe, twee leerlinge aan Hoër Volkskool, as deel van die 0.19 OP Plattelandspan deelgeneem aan die SA Platteland toernooi in Reitz, Vrystaat. Die spelers het baie waardevolle ondervinding opgedoen saam met hul span. Na afloop van die toernooi is verskillende spelers op verskillende posisies...









