Tydens die Junie-vakansie het Lykita Koeberg, die kaptein van Hoër Volkskool se eerste netbalspan, aan die Interprovinsiale Netbaltoernooi te Boksburg deelgeneem. Sy is gekies vir die Oos-Kaap 0.18A span en was ook onder-kaptein van die span. Tydens hul wedstryd teen Limpopo-provinsie is sy aangewys as die speler van die wedstryd. Na afloop van die toernooi,...
Kategorie: Nuusberigte
HVS Gimnaste
Drie gimnaste van Hoër Volkskool het aan die jaarlikse ‘South Zone’ Kompetisie in Uitenhage deelgeneem tydens die Junie-vakansie. Hierdie graad 8 leerlinge het hul Distrikkleure ontvang, en het die Sarah Baartman (Cacadu-distrik) verteenwoordig. Deelnemers van die Oos-Kaap, Westelike Provinsie, Boland, Noord-Kaap en Suid-Kaap het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Jana Neethling, Sophia Louw en Zoe Hattingh...
100 Hokkie
HVS se onderhoofdogter en hokkiekaptein, Inge van Rooyen, het haar honderdste wedstryd vir HVS gespeel. Haar ouers, Dawie en Wilna van Rooyen, beide oudskoliere van HVS was langs die baan om hierdie mylpaal saam met haar te vier. Baie geluk, Inge, met hierdie wonderlike prestasie. Op die foto is Inge saam met haar ma,...
Netbal
Zelmiri Louw, ‘n leerder aan Hoër Volkskool, is gekies vir die Sarah Baartman 0.19 Netbalspan. Hul speel tydens die Junie vakansie by ‘n Nasionale Toernooi in Kaapstad. Sy is die sesde lid van Hoër Volkskool se eerste netbalspan wat provinsiale kleure verwerf het.
OP Rugby
Ruben van der Merwe is ook gekies vir die 0.19 OP Plattelandspan wat aan die SA Platteland toernooi gaan deelneem in Reitz, Vrystaat.
Rugby
Vier van Hoër Volkskool se rugbymanne gaan tydens die vakansie op die rugbyveld draf met hul OP Platteland truie aan. Elrico Prins, ‘n gr 8 leerling, is gekies vir die 0.13 OP A-span wat die vakansie aan die Cravenweek gaan deelneem te Wit Rivier in Mpumalanga. Jaydee Jooste is gekies vir die OP Platteland 0.18...
Muurbal
Boetie en sussie doen dit weer! Llewellyn Crewe-Brown en Marlien Crewe- Brown, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het hulself weer as kranige muurbalspelers bewys. Marlien is gekies vir die OP 0.16A span terwyl Llewellyn as reserwe vir die 0.19A span gekies is. Hierdie is ‘n groot prestasie aangesien Llewellyn eintlik nog 0.17 is. Hul gaan...
Netbal
Hoër Volkskool se Netbalspeelsters het omtrent stof opgeskop hierdie jaar met 5 van ons speelsters wat gekies is vir die Oos-Kaap 0.18 span. Hierdie speelsters gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale toernooi te Boksburg deelneem. Ons wens hul alle sterkte toe!
OP Hokkie
Van ons skool se hokkiespelers het deelgeneem aan die Oostelike Provinsie hokkieproewe te Port-Elizabeth. Cara Leonard (links) en Logan Ludick het uitgestaan en is in die onderskeie spanne opgeneem. Cara is gekies vir die 0.18B span. Hul gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale Toernooi te Durban deelneem. Logan is gekies vir die 0.16B span...
Skaak
Een van Hoër Volkskool se skaakspelers het deelgeneem aan die Middelburg Ope Skaaktoernooi wat aangebied is te Primêre Skool Karel Theron te Middelburg. Die doel van die toernooi was om deel uit te maak van die keuring vir die Suid-Afrikaanse Junior Skaak-kampioenskappe. Jeffson Arends, ‘n 0.16 speler, het algeheel eerste in sy ouderdomsgroep geeïndig. Baie...









