Author: admin

Home / admin
ATKV Redenaars
Artikel

ATKV Redenaars

HVS se leerders het aan ‘n redenaarskompetisie in die Oos-Kaap deelgeneem. Die deelname was aanlyn gedoen. Annelie Pieterse, graad 11, was vyfde in die senior afdeling en Adriaan Blignaut, graad 9, was sewende in die junior afdeling. Baie geluk, met julle goeie prestasies behaal.

Tennis
Artikel

Tennis

Petrie van der Merwe is vir die Oostelike Provinsie 0.19-tennisspan gekies en sal die OP verteenwoordig tydens ‘n provinsiale tennistoernooi te Kaapstad wat vanaf 23 tot 27 September 2021 aangebied word.

Hengelnuus
Artikel

Hengelnuus

Nico Coetzee is vir die Junior Oos-Kaap Vars- en Oewerhengelspan gekies. Om te kwalifiseer moes Nico in 2020 en 2021 aan ses OP-Liga hengelkompetisies deelneem. Die spanne gaan aan ‘n interprovinsiale hengelkompetisie vanaf 16 tot 19 Desember 2021 te Bloemhof deelneem.

Huldeblyk – Wikus Pretorius
Artikel

Huldeblyk – Wikus Pretorius

Wikus Pretorius het op 1 Augustus 2015 by Hoër Volkskool as personeellid aangesluit en was ‘n waardevolle lid van ons skoolgemeenskap. Hy het oral gehelp waar hy kon en niks was ooit te veel moeite nie. Hy was ‘n kollega en vriend op wie se knoppie jy tydig en ontydig kon druk en hy sou...

HVS RUGBYSPELER IN SA o.18 RUGBYSPAN
Artikel

HVS RUGBYSPELER IN SA o.18 RUGBYSPAN

Die Suid-Afrikaanse o.18 Rugbyspan wat in Augustus 2021 na Georgia toer en te Tbilisi aan drie wedstryde gaan deelneem is aangekondig. Baie geluk aan Jan-Hendrik Gouws, leerder van Hoër Volkskool Graaff-Reinet, wat ingesluit is as lid van hierdie span. Jan Hendrik se rugbyloopbaan by Volkskool sluit die volgende prestasies in:2015: o.12 OP A-span2016: o.13 Cravenweek2018:...

Wêreldkennis-Olimpiade
Artikel

Wêreldkennis-Olimpiade

Leerders van Hoër Volkskool het onlangs aan die Jakes Gerwel Stigting Wêreldkennis Olimpiade deelgeneem. Su-marie Burger, Ethan Maclean, Athena Finck en Remé Vorster het almal ‘n sertifikaat vir hulle deelname ontvang.Freddie van der Mescht het deurgedring na die tweede rondte van die Olimpiade. Baie sterkte Freddie. Ons hou styf duimvas!

Beheerraad
Artikel

Beheerraad

Daan Potgieter het die naweek saam met lede van HVS en LVS se beheerraad by Volkskool kom kuier. Saam het hulle strategiese beplanning gedoen tot voordeel van Volkskool se toekoms. Dit sluit Weppie Preppie, LVS en HVS in. Dankie aan almal wat die naweek bygewoon het en Volkskool se belange op die hart dra.#trotsvolkskool

Boogskiet
Artikel

Boogskiet

Leerders van HVS en LVS neem tans aan virtuele kompetisies deel. Daar is vyf Oos-Kaap kompetisies waaraan hulle voor 31 Julie moet deelneem om te kwalifiseer. Eben Lötter is in LVS en skiet uitstekend vir ‘n beginnerskud. Die hoogste punt is 50/50 en Eben, Annelie Pieterse, Freddie van der Mescht en John Read het dit...

Hokkie 1ste XI
Artikel

Hokkie 1ste XI

Baie dankie aan Jason Jacobs van Brian Bands Sports. Hy het waterbottels vir HVS se eerste hokkiespan geborg. Ons waardeer julle ondersteuning.