Vandag het ons landsdiens vertrek na die sonnige strande van Hartenbos. Ons wens elkeen ’n veilige reis toe en hoop dat hulle die vars seelug ten volle geniet. Ons is so opgewonde om te sien wat julle alles gaan beleef!
Nuusberigte
Veehanteringskursus
“Ek span nie ’n draad om die job klaar te kry nie. Ek span hom sodat hy vir ’n 100 jaar kan staan.” – Juan Venter Met hierdie woorde het Juan Venter gister ons lanbou-leerders nie net tegniese kennis nie, maar ook ’n belangrike lewensles geleer. Tydens die veehanteringkursus het hy met die kinders gesels oor basiese bestuurspraktyke, korrekte hantering en die beginsels rondom wolskaapboerdery. ’n Opregte dankie aan Juan Venter vir sy tyd, kennis en passie. Dit was ’n leersame dag wat beslis ’n blywende indruk gelaat het.
Raptors klub – suksesvolle gradering
Op Saterdag, 31 Januarie, het die Raptors Klub ’n lang, uitputtende, maar baie suksesvolle gradering gehou. Die energie was hoog en die fokus van ons HVS-leerders het regtig gestraal! Baie geluk aan die volgende leerders wat hul nuwe belde verdien het: – Renaldo van der Westhuizen – Pers – Reaglin Maarman – Pers – Jean van Wyngaard – Blou – Leshandre Roman – Groen 1 Hou aan met jul harde werk en toewyding!


